US Woordfees Skrywersfees 2016

Skrywersfees 2016

Opnames van die Skrywersfees items vanaf Woordfeees 2016
Occasionally English South Africa Arts
56 Episodes
12 – 32

Nicol Stassen: Die Dorslandtrek

Aangebied deur Protea: Van Nicol Stassen se boek sê André Wessels dit is “so omvattend en ensiklopedies van aard, dat die legkaart van die Dorslandtrek van 1874 tot 1881 vir alle praktiese doeleindes nou voltooi is”. Stassen tree in gesprek met Fransjohan Pretorius en Andries Bezuidenhout oor hierdie kragtoer.
11 Mar 2016 1 hour

Willie Esterhuyse: Geagte Jahwe

Aangebied deur Naledi
In opvolg tot God en die gode van Egipte en Die God van Genesis, sluit Willie Esterhuyse dié trilogie af met Geagte Jahwe, elf briewe gerig aan God. Chris Jones gesels met die skrywer oor die stryd tussen gelowe, die ineenstorting van samelewings en hoe om na die…
11 Mar 2016 55 min

Johan Bakkes: Openbaring

Aangebied deur Queillerie, ʼn druknaam van NB-Uitgewers Openbaring is ’n reisstorie wat wipplank ry tussen twee uiterstes – die skrywer en sy reisgenote besoek die koudste en warmste plekke op aarde waar mense nog leef en ’n bestaan maak, onderskeidelik die Danakil-depressie en die Siberiese dorpie Oymyakon. Kom reis saam…
11 Mar 2016 51 min

Louis en Cora de Kock – WildeKlawer

Louis en Cora de Kock van WildeKlawer by Barkley-Wes in die NoordKaap, is Suid-Afrika se grootste uie-produsent vir sowel die plaaslike as die internasionale mark. Binne seisoen pak die maatskappy meer as 2,4 miljoen uie per dag. Hulle lewer ’n aansienlike bydrae tot die land se aartappelproduksie en verskaf omtrent…
11 Mar 2016 58 min

Joyce Kotzè: The Runaway Horses

Presented by Jonathan Ball From Transvaal to Victorian England, two sets of cousins, Boer and Brit, form strong bonds which are tested on the battlefields of South Africa during the Anglo Boer War. Jonathan Amid in conversation with novelist Joyce Kotzè.
11 Mar 2016 46 min

Karien Basson: ʼn Boodskap van hoop

Aangebied deur CUM Verskeie sportsterre kom deel hulle boodskap van hoop vir Suid-Afrika met Karien Basson. ʼn Inspirerende gesprek oor God se seën en liefde vir ons land en sy mense.
11 Mar 2016 1 hr 08 min

Robin Brown: The Secret Society

Presented by Penguin Random House Robin Brown is in conversation with Bill Nasson about Cecil John Rhodes’s secret society. The society was set up to establish a new world order and played a key role in the governance of Britain during the Great War. It shows how Rhodes’s powerful influence…
10 Mar 2016 41 min

Ena Jansen: Soos familie

Aangebied deur Protea Ena Jansen het jare lank ondersoek ingestel na die uitbeelding van huiswerkers in Suid-Afrikaanse boeke en hoe die huiswerker en werkgewer mekaar ervaar en teenoor mekaar optree. Sy tree in gesprek met Ingrid Winterbach oor haar aangrypende boek, Soos familie, wat uit dié studie voortgespruit het.
10 Mar 2016 1 hr 02 min

Bettina Wyngaard: Slaafs

Aangebied deur Penguin Random House: 
Vuilspel was die eerste roman in Afrikaans wat fokus op lesbiese karakters uit die bruin gemeenskap. Haar nuwe roman, Slaafs, breek grond in Afrikaanse fiksie met sy fokus op mensehandel. Melt Myburgh gesels met die bekroonde krimi-skrywer.
10 Mar 2016 54 min

Chris Schoeman: Die onbekende Van Gogh

Aangebied deur Penguin Random House Chris Schoeman gesels met Albert Grundling oor die derde Van Gogh-broer, Cornelis, wat in Nederland grootgeword het, maar in Suid-Afrika gewerk, getrou en gesterf het. Sy boek steun op briewe en argiefstukke wat lig werp op Cornelis se verhouding met sy beroemde broer Vincent.
10 Mar 2016 30 min

Kos vir kwale

Aangebied deur Tafelberg, ʼn druknaam van NB-Uitgewers
Adele van der Merwe en Jeske Wellman (Eet gesond, voel gesond:
Beveg kanker met voeding), Arien van der Merwe (Hanteer diabetes)
en Hilda Lategan (SA kookboek vir allergieë en voedselsensitiwiteit)
gesels met Carmen Niehaus oor hoe die regte voeding ons
gesondheid beïnvloed en verbeter.
10 Mar 2016 57 min

Danny Fourie: Vir ewig en altyd saam

Aangebied deur Lux Verbi, ʼn druknaam van NB-Uitgewers
Adri-Louise was die redakteur van LiG en die eerste vroulike redakteur van Kerkbode. Danny werk as vryskut in die mediabedryf. Hulle het laat in hulle lewe verloof geraak, maar kort daarna is Adri-Louise gediagnoseer met fase 4 kanker. Milanie Vosloo vra Danny uit…
10 Mar 2016 48 min

Jacqui L’Ange: The Seed Thief

Presented by Penguin Random House: 
The Seed Thief is a modern love story with an ancient history, a tale that moves from flora of Table Mountain to the heart of Afro-Brazilian spiritualism. Author and editor Helen Moffett talks to Jacqui L’Ange, former editor of The Oprah Magazine, about this entrancing…
10 Mar 2016 46 min

Wat is vandag nog “bly” aan die “Blye Boodskap”?

Piet Naude en Julie Claassens
Die woord “evangelie” kom van die Grieks “euangellion” en dit beteken die goeie of blye boodskap. ’n Mens wonder egter of die nuus wat eng’lekore eens oor herdersvelde uitgesing het, vandag nog ter sake is. En met soveel vrae oor die gesag van die Bybel, wat…
10 Mar 2016 1 hour

Lien Botha: Wonderboom

Aangebied deur Queillerie, ʼn druknaam van NB-Uitgewers: Lien Botha is ’n kunstenaar-fotograaf wat bekend is om haar talle nasionale en internasionale tentoonstellings. Haar debuutroman, Wonderboom, speel af in ’n postapokaliptiese Suid-Afrika en is deur resensente beskryf as een van die belowendste en opwindendste debute in ’n lang tyd. Saartjie Botha…
9 Mar 2016 53 min

Emerging Voices: Mandla Langa and Ingrid Winterbach

Mandla Langa (The Texture of Shadows) and Ingrid Winterbach (It Might Get Loud) were both longlisted for the Financial Times / Oppenheimer Funds Emerging Voices awards. They talk to Michiel Heyns about literary prizes and how they feel about being labelled “emerging voices” after receiving numerous other awards during their…
9 Mar 2016 42 min

Jackie Grobler: Oorlog-Beeld

Aangebied deur Jonathan Ball: 
Oorlog-Beeld volg die verloop van die Anglo-Boereoorlog in koerantformaat. Daar word nie net oor militêre konfrontasies berig nie, maar ook oor die kommandolewe, ervaringe van krygsgevangenes, vroue in konsentrasiekampe en Boere-afgevaardigdes in die buiteland, asook mense soos president Paul Kruger en Emily Hobhouse. Jackie Grobler in…
9 Mar 2016 44 min

Beneuk en verlief

Aangebied deur Lapa: 
Sophia Kapp (Honderd en een oorlewingswenke vir ʼn bedonnerde diva), Alta Cloete (Opdrag van oorkant) en Santie van der Merwe (Vandat jy weg is) gesels met Elmari Rautenbach oor sterk vrouekarakters wat bedonnerd, beneuk en verlief is.
9 Mar 2016 1 hour

Irma Joubert: Immer wes

Aangebied deur LAPA
: Irma Joubert gesels met Helene de Kock (Debora en seuns) oor haar nuutste roman, Immer wes, en hoe die skrywer van historiese romans as brugbouer tussen generasies en kultuurgroepe optree. Twee formidabele skrywers aan die woord!
9 Mar 2016 52 min

Yolande Korkie: 558 dae in Yemen

Aangebied deur CUM: 
558 dae in Yemen is die aangrypende ware verhaal van Yolande en Pierre Korkie, wat in 2013 deur Al Kaïda aangehou is in Jemen. Yolande is later vrygelaat maar Pierre is na 558 dae oorlede. Monique Strydom gesels met Yolande en Maretha Maartens oor dié uitsonderlike boek.
9 Mar 2016 48 min
12 – 32