US Woordfees Diskoers 2016

Diskoers 2016

Warm debatte oor aktuele sake vanaf Woordfees 2016
Occasionally English South Africa Technology · News
11 Episodes

STELLENBOSCH 360: Wat maak Stellenbosch uniek?

Wat maak Stellenbosch uniek?
Fasiliteerder: Prof Andreas van Wyk
Deelnemers: Prof Wim de Villiers (US-rektor en vise-kanselier), Raadsheer Conrad Sidego (Burgemeester), Hilton Mandela Andries, Porchia Adams, Alayne Reesberg en Annemarie Ferns
Dit word dikwels beweer dat Stellenbosch ’n unieke plek is. Is dit inderdaad so?
En wat beteken dit?
12 Mar 2016 1 hour

Met bier en bloed en dans en trom

frikaanse kunstefeeste en Van Wyk Louw se kultuurkritiek: In die gees van N.P. van Wyk Louw se ‘oop gesprek’ tree Tertius Kapp (2015 se Hertzogpryswenner vir drama) op as fasiliteerder vir ’n dialoog tussen twee omvattende stelle idees. Aan die een kant is Van Wyk Louw se kultuurkritiek, sedert die…
12 Mar 2016 56 min

In watter kerk bly God? Oor kerk-kompetisie en Godsverbruik

Met: o.a. Amos Petersen, Daleen Myburgh en Sias le Roux
Soos ’n supermark - daar is ’n kerk vir elke smaak. Kan ons van die McDonaldisering van geloof begin praat? Is kerk net nog een van die vermaaklikheidsopsies van ons dag? Mag ’n kerk bemark en wie wen hierdie resies?
11 Mar 2016 57 min

Minstens drie tale vir staatsinstansies: Laksheid of onwilligheid?

Met: Anne-Marie Beukes van die Departement Linguïstiek (Universiteit van Johannesburg) en voorsitter van die Afrikaanse Taalraad en Cerneels Lourens, prokureur en taalaktivis van Brits: 
Die Taalwet van 2012 vereis dat die 207 staatsdepartemente, openbare entiteite soos Eskom en openbare onderneming soos die nasionale lugdiens ’n taalbeleid opstel waarin onder meer…
11 Mar 2016 48 min

Huldigingsgesprek: T.T. Cloete

Heilna du Plooy, Joan Hambidge en Bernard Odendaal gesels oor die werk en lewe van die geliefde digter T.T. Cloete. Hulle deel staaltjies oor hulle vriendskap met hom, sy lewe en die groot skat wat hy met sy digkuns vir ons agterlaat.
11 Mar 2016 53 min

Francis Visagie – Nanibees

Op die plaas Nanibees naby Kakamas in die Boesmanland boer Francis Visagie reeds dekades lank met sy gunsteling skaapras, die Dorper. Vir Francis is dit belangrik dat die ras waarmee ’n mens boer, in die omgewing kan aanpas. Hierdie beleid het hom in 1989 en in 1991 die titel van…
10 Mar 2016 58 min

Etiese mediese navorsing in Afrika: Is dit moontlik?

Moontlik gemaak deur Edwin Hertzog en Mediclinic Met: Mariana Kruger, Hoof aan die US Pediatrie en Kindergesondheid, Lyn Horn,
US Navorsingsetiekdeskundige en Navorsingsintegriteitbeampte, met Anton van Niekerk, direkteur: US Sentrum vir Toegepaste Etiek, as die gespreksleier.
Die Afrika-kontinent dra baie swaar aan siektes en epidemies. Heelwat mediese navorsing, veral deur oorsese agente,…
9 Mar 2016 58 min

Bly of gly? Oor emigrasie na binne of na ver

Wat het geword van ’n gelowige se “roeping” en dat God jou op ’n plek en tyd geplaas het om daar ’n verskil te maak? As ’n gelowige die tentpenne optrek en groener weivelde in ander lande gaan soek, of na binne emigreer en apaties staan teenoor gebeure in Suid-Afrika,…
9 Mar 2016 57 min

Phillip Retief – Van Loveren

In 1939 maak Hennie Retief Sr sy eerste wyn (’n muscadel) op die Van Loveren-familieplaas in die Robertsonvallei. Saam met sy seuns, Nico en Wynand, bottel hulle die eerste wyne onder die Van Loveren-etiket in 1980. Uiteindelik sluit vier kleinseuns ook aan by die boerdery, vandag bekend as die vier…
7 Mar 2016 55 min