Met: Schalk Schoombie en Irna van Zyl. ’n Bekende kosresensent sterf onverklaarbaar en ’n ongewilde sjef word ná ’n hewige tantrum die volgende oggend dood in sy kombuis gevind. Oudjoernaliste Schalk (Rooi haring) en Irna (Gifbeker) gesels met Kerneels Breytenbach oor hoe ons jongste koshebbelikhede en die moderne onthaalwese vrugbare…
Aangebied deur Human & Rousseau. Vier jaar ná Kaar verskyn twee digbundels deur dié Hertzogpryswenner vir poësie. Louise Viljoen ontsluit die beeldgedigte van In die stille agterkamer en Gesant van die mispels aan die hand van foto’s van die werk van die Nederlandse skilders Adriaen Coorte (1659-1707) en Jan Mankes…
Met: Danie Marais, Kerneels Breytenbach en Andries Bezuidenhout. Die Kanadese digter-troebadoer, skepper van ‘Suzanne’ (1967) en ‘Hallelujah’ (1984), is in November 2016 op 82 dood ná ’n verstommende oplewing laat in sy loopbaan. ’n Deeglike evaluering van die poësie in sy lirieke, met nuwe insigte, baie bewondering en heelwat heimwee…
Met: Christi van der Westhuizen, Sylvia Vollenhoven, Annie Klopper en Bettina Wyngaard. Wat haar fassineer van ’n manlike teenwoordigheid, sê Antjie Krog nadat sy die Hertzogprys vir poësie ontvang het, is ‘mans gaan nooit net weg nie, hulle vat ook die mag saam weg en dan bly daar nou net ’n…
Met: James Styan en Gilbert Gibson. Aangebied deur Jonathan Ball Uitgewers. Die flambojante liefdeslewe, huwelike (en egskeidings) van hartchirurg Christiaan Barnard het soms die impak van sy historiese eerste hartoorplanting oorskadu. Maar 50 jaar later is sy prestasie des te meer merkwaardig – veral as gekyk word na eksklusiewe foto’s van…
Aangebied deur Lux Verbi. Vier jaar gelede is ’n Pretoriase ma se man en twee kinders uitgewis in ’n terreuraanval op hulle huis in Kaboel, waar Hannelie se man opheffingswerk gedoen en sy as dokter gewerk het. Net hulle een hondjie, Chico, het oorleef. Hanneli vertel aan skrywer en terapeut…
Aangebied deur Missing Ink. Pieter-Dirk vind in sy 72e jaar die moed om die storie ágter die stories te vertel in hierdie teatermemoires, wat saam met sy Engelse weergawe, Echo of a Noise, nou in boekvorm verskyn. Hy bied ’n kaleidoskoop van ’n lewe vol gelag en gesag – van…
Met: Andries ‘Roof’ Bezuidenhout. Aangebied deur African Sun Media. In On Record – Music and Society in Recorded Popular Afrikaans Music Records, 1900-2017 ondersoek Schalk die geskiedenis van opgeneemde populêre musiek - van die eerste opname van die ou volkslied tot Steve Hofmeyr se onlangse optredes, en maak hy en…
In gesprek met: Alexander Strachan. Aangebied deur Jonathan Ball Uitgewers. Oud-Recces Justin Vermaak en Douw Steyn gesels met Zander, ’n bekroonde skrywer en self ’n oud-Recce, oor hulle boek, Recceresepte vir kos, die bos, die lewe, waarin hulle ‘n kykie gee in dié elite-groep soldate se roetine en lewensfilosofie, maar…
Met: Juliana Coetzer en Riette Rust. Aangebied deur Jonathan Ball Uitgewers. Sy het haar persoonlike reis met haar baie siek dogter in Bloedvreemd beskryf. Nou skryf Juliana oor die uiteenlopende mense – veral vroue – wat haar pad as psigoterapeut kruis. Riette gesels met haar oor swaarkry en herstel en…
Met: SJ Naudé en Eben Venter. In altwee dié romans word ’n wêreld anderkant geografiese grense verken, maar ook grense van die band met ’n ma en seksualiteit. In Die derde spoel projekteer SJ (of Fanie) ’n donker poëtiese beeld van liefde tussen mans op ’n steeds verskuiwende doek, terwyl…
Met: Daniël du Plessis, Willem Samuel en Loyiso Mkize. Honderd jaar ná Mandela se geboorte kyk Antjie hoe hy – én Suid-Afrika – uitgebeeld word in twee Vlaamse comics uit die Suske en Wiske-reeks. Ná die visuele aanbieding gesels sy met drie jong plaaslike comics-kunstenaars.
In gesprek met: Cas Wepener. Aangebied deur Naledi. Aan die vooraand van die 500ste herdenking van die begin van die Protestantse Kerkhervorming loop dié reisskrywer terug op die spore van Martin Luther en Johannes Calvyn. Hy besoek die plekke waar grootse omwentelinge hulle afgespeel het, eet, drink en gaan kerk…
Met: Piet Grobler. Aangebied deur Protea Boekhuis. Geïnspireer deur die klavierwerk Kinderszenen van Robert Schumann, kombineer Philip sy stuitige rympies en kennis van klassieke musiek met Tertia Visser-Downie se klavierspel en Piet Grobler se prag-illustrasies.
Aangebied deur Penguin Random House. Petrovna Metelerkamp het al die inligting wat sy oor dié kultusdigter versamel het nou bygewerk met indringende nuwe navorsing en eksklusiewe foto’s. Sy vertel vir Karin Schimke hoe talle voorheen onbeantwoorde vrae oor Ingrid se lewe en dood beantwoord word en hoe die beeld weerlê…
Aangebied deur NB-Uitgewers, Naledi en Penguin Random House. ’n Jaarlikse hoogtepunt wanneer bekende en debuutdigters hulle werk deel. Gilbert Gibson, Jolyn Phillips, Pieter Fourie, Fourie Botha, Daniel Hugo, Clinton V. du Plessis en Nuwe Stemme 6 se Remona Voges en Jaco van der Merwe lees voor.
In gesprek met: Piet Grobler. Piet, seker een van ons bekendste illustreerders en deesdae professor van illustrasie aan die Universiteit van Worcester in Engeland, gesels met dié multibekroonde illustreerder uit Brasilië. Roger, ’n gewilde en gesogte gas by boekfeeste wêreldwyd, het in 2014 die hoogste eer vir kinderboekillustrasie ontvang, die…
In gesprek met: Helena Olivier. Aangebied deur Lux Verbi. Helena Olivier hoor by die bekende akteur wanneer hy sy deurbraak gemaak het. En wanneer hy aan dwelms verslaaf geraak het. Hykie se persoonlike verhaal, wat sy laagtepunt het in ’n maksimumsekuriteitsel in die Weskoppieshospitaal, is een van suiwer genade.
Moontlik gemaak deur NB-Uitgewers, die Kaapse Forum vir Neerlandistiek, SASNEV en die Vlaamse Regering. Van die Kaapse Vlakte tot Antwerpen wys dié digters wat van ‘n gedig ‘n show maak. Die Kaapse rapper en woordtowenaar Churchil ‘Meneer Naudé’ Naudé, die Gansbaaise digter Jolyn Phillips en die veelbekroonde Vlaamse digter en…
In gesprek met: Herman Lategan. Aangebied deur Penguin Random House. Suid-Afrikaanse gehore was verlede jaar in vervoering oor Noem my Skollie, die fliek wat op die lewe van John W Fredericks gegrond is. Herman praat met John oor Skollie, sy aangrypende memoires, getik met net met één vinger, sy lewe…
4 May 2018
55 min
12 – 32
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.