US Woordfees 2018: Diskoers

2018: Diskoers

Warm debatte oor aktuele sake vanaf Woordfees 2018.
Occasionally English South Africa Arts · TV & Film
9 Episodes

BESTE PROFESSOR: DIE US VAN 1966 TOT 2016 - OP REIS IN TYE VAN VERANDERING

Die oud-rektor van die US, prof. Andreas van Wyk, en ander akademici gesels vir oulaas in dié gewilde reeks. Die historikus Albert Grundlingh gesels met Andreas van Wyk oor ’n halfeeu van Matie-geskiedenis – van die verskyning van Stellenbosch 1866 – 1966: Honderd jaar hoër onderwys tot eergister.
31 May 2018 53 min

BESTE PROFESSOR: SUID-AFRIKA IN 2018- BEGIN OF EINDE?

Die oud-rektor van die US, prof. Andreas van Wyk, en ander akademici gesels vir oulaas in dié gewilde reeks. Willie Breytenbach, afgetrede politieke wetenskaplike aan die US, deel sy wysheid oor verspeelde kanse en nuwe geleenthede vir Suid-Afrika.
31 May 2018 54 min

ETIESE KWESSIES IN DIE PRAKTYK VAN HARTOORPLANTINGS

Moontlik gemaak deur MediClinic en Edwin Hertzog, voorsitter van MediClinic. Met: Anton van Niekerk, direkteur van die US se Sentrum vir Toegepaste Etiek, en Susan Vosloo, hartchirurg. Soos by die oorplanting van enige orgaan gaan ’n hartoorplanting gepaard met verskeie etiese vraagstukke. Die omstandighede van die skenker én die ontvanger…
31 May 2018 52 min

IS DIT ’N TYDBOM WAT SO TIK?

Met: Gert Grobler, Leon Schreiber en Sanusha Naidu. Is die wêreld weer besig om, soos voor die Tweede Wêreldoorlog, ’n onveilige plek te word? Kenners reken die kanse op internasionale oorlog word toenemend groter. Wat kan die vonk by die kruitvat wees? En hoe moet SuidAfrika hom in hierdie arena…
31 May 2018 58 min

'N EEU VAN LANDBOU: DIE VEEBEDRYF

100 jaar se kennis en impak uit Stellenbosch. Die landboufakulteit was onder die eerste departemente wat geskep is toe die Universiteit Stellenbosch in 1918 tot stand gekom het. Sedertdien het die universiteit, landbounavorsingsgenote in die distrik asook die boere in die omgewing daartoe bygedra dat Stellenbosch oor die afgelope 100…
31 May 2018 57 min

NETWERK 24 - SAKE EN SAUVIGON: Muntslim 301 - Van bangbroek tot Buffett

Dalk maak die woord ‘beleggings’ jou bang of dalk wil jy ’n gesoute belegger word en nie net iemand met ’n effektetrustfonds of twee nie. Dan is dié sessie vir jou. Van regstreeks in eiendom belê tot regstreeks op die aandelemark speel, ons gesels in meer diepte oor beleggings.
31 May 2018 1 hr 05 min

SUNA VENTER GEDENKLESING: HUMAN. HUMANE. HUMANITY.

Met: Imtiaz Sooliman. Die joernalis Suna Venter, wat in 2017 op 32-jarige ouderdom aan ‘gebroke hart’-sindroom (streskardiomiopatie) oorlede is, was een van ’n nuwe geslag kampvegters vir mediavryheid. As een van die sogenoemde SABC 8 het sy stelling ingeneem teen pogings om die redaksionele onafhanklikheid van die SABC se nuusprogramme…
29 May 2018 59 min

IS STELLENBOSCH VOL?

In samewerking met Stellenbosch 360. Gesprekleier: Andreas van Wyk. Met: Elize Anthony (sakevrou), Pat Botha (belangegroep), Stan du Plessis (US), Annemarie Ferns (Stellenbosch 360), Dale Simons (sakeman) en Gesie van Deventer (burgemeester). Baie Stellenbossers meen die dorp raak vinnig oorvol: Daar is al hoe meer inkommers, meer woonkomplekse, meer studente, meer besoekers, meer…
4 May 2018 59 min

GELOOF OP DIE MARKPLEIN-GESPREKREEKS:

Aangebied deur die Stellenbosch NG Moedergemeente. Met: Johan van der Merwe, Leslie van Rooi, Nadia Marais en Michelle Boonzaaier. Gegewe die patriargale kultuur waarbinne die Bybel tot stand gekom het, kon die kerk hom/haar ooit uit die greep van manlike oorheersing bevry? Is interseksionele feminisme vreemd aan die wese van…
2 May 2018 57 min