Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans Namibia News
4,001 Episodes
12 – 32

Swapo is 64, en moet terugkeer na ou waardes: Angula

Die Swapo-party vier vandag sy 64ste bestaansjaar. Die party is op 19 April 1960 gestig en volgens die party op X, voorheen Twitter, was hulle doel altyd die onafhanlikheid van Namibië. Die Swapo vise-president, Netumbu Nandi-Ndaitwah, het in 'n verklaring gesê met die ontdekking van olie en gas sal die…
19 Apr 10AM 1 min

Agribank se gratis lesings waardevol vir boere

Agribank bied gereeld gratis kursusse en seminare aan om boere op te lei en meer veerkragtig te maak, in 'n poging om boere te bemagtig. Die laaste lesing was oor hoe om vee en veegetalle tydens die droogte te bestuur. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Erastus Ngaruka, die tegniese…
19 Apr 10AM 1 min

Olie en gas sal nie net so alle probleme oplos nie: kenner

Die eerste Namibiese plaaslike inhoudkonferensie vir die olie- en gasbedryf het die week in Lüderitz plaasgevind. Volgens Bisey Uirab, die president van die Namibiese Kamer van Koophandel en Nywerheid, bied die opkomende olie- en gasbedryf 'n geleentheid vir volhoubare ekonomiese groei en ontwikkeling. Die Kamer voorsien 'n belegging in die…
19 Apr 10AM 1 min

Cosatu verwelkom Volkswagen-belegging

Cosatu sê Volkswagen se belegging van 4-miljard Suid-Afrikaanse rand in sy Kariega-monteeraanleg in die Oos-Kaap is ’n teken dat regeringspogings deur middel van die Motorbedryf-meesterplan vrugte afwerp. Cosatu sê, hoewel hy die positiewe verwikkelings verwelkom, het die land baie meer aksie nodig. Matthew Parks van Cosatu sê die regering mag…
19 Apr 9AM 1 min

Bring tog 'n verwysingshospitaal na Otjiwarongo: goewerneur

Otjozondjupa-goewerneur, James Uerikua, het 'n beroep herhaal vir 'n verwysingshospitaal in Otjiwarongo, weens die groot aantal ongelukke wat op die B1-pad gebeur. Uerikua het gepraat by die sooispit-seremonie van die Ombili-kliniek in die dorp. Otjiwarongo het 'n bevolking van 220 000 inwoners, waarvan 62 000 afhanklik is van gesondheidsdienste by…
19 Apr 9AM 1 min

Onthou van Omgewingsbeleggingsfonds se toekennings!

Die hoof uitvoerende beampte van die Omgewingsbeleggingsfonds van Namibië, Benedict Libanda, moedig families en individue aan om gebruik te maak van die toekennings wat die fonds aan die publiek toestaan vir landbou. Hy het by 'n informasie sessie van die regering gepraat. Volgens Libanda is dit uiters belangrik dat aansoeke…
19 Apr 8AM 1 min

SA luvaart beplan vir skadelike weerstoestande

Die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid sê hy werk daaraan om die land se lugvaartsektor teen skadelike weerstoestande weens klimaatsverandering te beskerm. Die owerheid sê een van die kwessies waarna hulle kyk, is om koolstofvrystellings deur stralerbrandstof te verminder. Themba Thabethe van die owerheid het tydens die Nasionale Lugvaart-beraad van twee dae in…
19 Apr 8AM 1 min

Walvisbaaiers soek ook nie vir RedForce nie

Druk neem toe op die Walvisbaai-munisipaliteit se administrasie om RedForce as 'n skuldinvorderaar te verwyder. Raadslid Ephraim Shozi sê hy sal 'n mosie by die volgende raadsvergadering ter tafel lê vir die verwydering van RedForce. Die munisipaliteit het die entiteit verlede jaar aangestel om sowat 384 miljoen Namibiese dollar te…
19 Apr 7AM 1 min

Kommissie moet sy huis in orde kry vir registrasie

Die net meer as twee maande om alle Namibiese kiesers te herregistreer maak kenners bekommerd. Tussen 1,2 en 1,5 miljoen Namibiërs landswyd moet tussen 3 Junie en 1 Augustus nuwe kieserskaarte kry, en histories gesproke gaan dit moeilik wees om te vermag. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die IPC-party…
19 Apr 7AM 1 min

Versigtig, dis paartyd vir pofadders en mambas

Inwoners in Walvisbaai rapporteer ‘n toename in pofadders in en om geboue op die dorp. Kosmos 94.1 Nuus het aangeklop by slangkenner Francois Theart wat verduidelik dat dit nie hibernasie-gedrag nie, maar eerder paar-seisoen, ook vir swart mambas.
19 Apr 7AM 1 min

Shark Island: Namport en erfenis...

Die firma Forensis and Forensic Architecture het hul jongste ondersoek na Duitse koloniale volksmoord in vandag se Namibië vrygestel. Die navorsing fokus op die voormalige konsentrasiekamp op Shark Island by Lüderitz, waar duisende Namas en Ovahereros gesterf het. Dit identifiseer nuwe potensiële massagrafterreine en onthul hoe planne deur die Namibiese…
19 Apr 6AM 1 min

SA verloor R1 triljoen in beleggings

ActionSA sê Suid-Afrika se beleggingsomgewing en sake-ondernemings ly steeds onder die ANC se ekonomiese beleid, korrupsie en growwe regerings-onbevoegdheid. Ou Mutual se voorsitter en gewese minister van Finansies, Trevor Manuel, sê beleggers het die afgelope paar jaar meer as 'n duisend-miljard-rand uit Suid-Afrika geneem. Pieter Scribante van ActionSA sê dit…
19 Apr 5AM 1 min

So lyk NIP se motors van N$11m

Die Namibië Instituut vir Patologie het 18 nuwe voertuie teen 'n koste van net meer as 11 miljoen Namibiese dollar aangeskaf, wat gelykstaande is aan meer as 611 000 dollar per voertuig. Dit het gelei tot landwye betogings by NIP-terreine deur ontevrede werknemers wat beweer het dat elke topbestuurder brandstofkaarte…
19 Apr 5AM 1 min

Bestaande partye moet nuwe partye se deelname fasiliteer - Holomisa

Die UDM-leier, Bantu Holomisa, sê politieke partye moet maniere vind om nuwe partye se deelname aan die land se demokrasie te ondersteun en te fasiliteer. Dit volg nadat die Verkiesingshof in die Verkiesingskommissie se guns beslis het dat vyf partye nie volgende maand op die stembrief sal verskyn nie. Holomisa…
19 Apr 4AM 1 min

Vars span vir die Haaie se VRK-kragmeting

Die Haaie het verskeie veranderings gemaak vir hul VRK-kragmeting in Skotland teen die Glasgow Warriors. Die kaptein, Lukhanyo Am, die vleuel, Makazole Mapimpi, die skrumskakel, Jaden Hendrikse, die stut Ox Nche, die haker, Bongi Mbonambi, en die slot Eben Etzebeth, kry almal ruskans. Die afrigter, John Plumtree, het die behoefte…
19 Apr 4AM 1 min

Swapo herdenk vandag 64 jaar

Die regerende party Swapo verjaar vandag. Die beweging is 64 jaar gelede gestig as bevrydingsbeweging vir Namibië. Kosmos 94.1 het met die politieke ontleder en Swapo-lid, dr. Charles Mubita, gepraat.
19 Apr 3AM 1 min

Stad Johannesburg tree op teen wanbetalers, word R52 miljard geskuld

Die Stad Johannesburg sê hy gaan streng optree teen wanbetalers wat nooit hulle verantwoordelikhede nakom om te betaal wat hulle verskuldig is nie. Die stad het die watertoevoer en elektrisiteitsverbindings na groot gebruikers soos landgoedere, hospitale en ʼn universiteit afgesny wat saam meer as ʼn miljard Suid-Afrikaanse rand aan munisipale…
19 Apr 3AM 1 min

Kommer oor die toestande in Sudan

President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika is diep bekommerd oor die voortslepende konflik en humanitêre katastrofe in Sudan, en dit raak ook ander lande in die streek. Die president het sy werksbesoek aan Suid-Sudan afgesluit. Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Naledi Pandor, het namens Ramaphosa gesê blywende vrede, stabiliteit…
19 Apr 2AM 1 min
12 – 32