100.5FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Laeveld PODCAST

100.5FM Radio Laeveld PODCAST

As dit in die Laeveld gebeur is dit op jou radio, 100.5FM familie Radio Laeveld in Mpumalanga, Suid Afrika.
Occasionally Afrikaans South Africa Entertainment News · Music Interviews
340 Episodes
24 – 44

Sonop gaan Bos by Tshukudu-wildreservaat

Tshukudu-wildreservaat by Hoedspruit bestaan al 45 jaar. Deesdae hervestig hulle ook jagluiperds in die wild. Sonop Ontbyt vind meer uit by David Sussens. Luister weer hier:
17 May 2023 7 min

GRIP Survival 101: Ep. 7

Kinders word ook deur die huishoudelike geweld wat teen hul ouers gepleeg word, geraak en om dita aan te spreek het The Greater Rape Intervention Programme (GRIP) die Hearts not hands-kampe van stapel gestuur. Sibongile Ndlovu vertel saam met Tarryn Lokotsch, die uitvoerende beampte van GRIP, vir Johanné Strydom meer…
16 May 2023 25 min

GRIP Survival 101: Ep. 6

Sou jy die slagoffer word van seksuele geweld moet my mediese sorg kry. Dr. Sentene Goosen van City Health Nelspruit verduidelik waar ‘n mens begin om gesondheidsorg te bekom, hoekom jy binne 72 uur lewensreddende medikasie moet kry, en waar jy ‘n aanval aan kan meld. Sy gesels saam met…
16 May 2023 21 min

Hoe om na 'n ouer met Alzheimer se siekte om te sien

Hoe nou gemaak met ‘n ouer of grootouer met demensie of Alzheimer se siekte waarna jy moet omsien? Elria Erasmus, die streeksbestuuder van Adasa (Association for Dementia and Alzheimers of South Africa) in Mpumalanga gesels met Charles.
12 May 2023 15 min

Musiekdebat: Anastia Klingelberg

Henry John gesels met die sangeres en diereliefhebber Anastia Klingelberg oor verkeersirkels en die Bosveld. Luister hier na Musiekdebat.
5 May 2023 2 min

Sonop Gaan Bos in die Laeveld Ep. 5

Die Sonop Ontbyt-span ontdek elke Woensdagoggend bewaringsprojekte. Andries Potgieter van Toerbroers gesels met Gerhardt en Andri oor hoe spesiaal die Blyde Rivier Canyon is.
3 May 2023 9 min

Musiekdebat: Tiffany Steyn

Die plaaslike liedjieskrywer en sangeres, Tiffany Steyn, het al geleer om elke geleentheid wat na haar kant toe kom aan te gryp. Sy gesels met Amanda oor verborge talente en toekomsdrome.
27 Apr 2023 3 min

Laeveld Ervaring: Ontgin potensiaal

Met soveel potensiaal is Linda Grimbeek van die KLCBT soms verbaas dat daar nie meer in die Laeveld aangaan nie. Sy gesels met Robin oor die ontginning van potensiaal.
26 Apr 2023 33 min

Sonop gaan Bos: Ep. 4

Elke Woensdagoggend kuier Sonop Ontbyt in die bos en gesels oor bewaring. Deon Cilliers van Cheetah Outreach Trust vertel hulle meer oor die bewaring van vrylopende jagluiperds. "Wêreldwyd is daar slegs sowat 7 000 oor, waarvan 70% buite bewaringareas voorkom."
26 Apr 2023 11 min

Straatdebat: Watter bygelowe het jy?

Het jy bygelowe en waar kom dit vandaan? Loop jy onderdeur lere en hoekom nie? Amanda gaan vind uit wat beteken dit as jou portrette skeef hang, daar 'n wilgeboom in jou tuin groei of daar slange in jou drome verskyn.
25 Apr 2023 5 min

Hoe nou gemaak om jou tuin weer op te kikker?

Dit is April en 100.5FM sit die "L" terug in Lekker Leef in die Laeveld. Charles het gaan kers opsteek by Elrin Faurie, 'n plaaslike tuinboukundige, oor hoe om jou tuin te vernuwe.
20 Apr 2023 15 min

GRIP Survival 101: Ep. 5

GRIP se Ntombifuthi Sambo staan ook bekend as die Koningin van die Hof. Sy gesels saam met Tarryn Lokotsch, die uitvoerende beampte van GRIP, met Johanné Strydom in die vyfde aflewering van GRIP “Survival” 101 op 100.5FM.
20 Apr 2023 41 min

Groot skoonmaakaksie in Nelspruit Vrydag

'n Groot skoonmaakaksie word Vrydag weer gehou in die middedorp en ingangsroetes na Mbombela (Nelspruit). Dit word deur Ehlazeni-distriksmunisipaliteit gedryf met die Kruger-Laeveld-sakekamer (KLCBT) wat dit koördineer. Die span van We Care 4 Nelspruit sit ook hand by. Die hele gemeenskap is genooi om saam te werk. Linda Grimbeek gesels…
19 Apr 2023 27 min

Sonop gaan Bos: Ep. 3

Sonop Ontbyt kuier elke Woensdagoggend in die bos. Hulle het vanoggend gesels met Martial Rappo van Moholoholo Rehabilitasiesentrum oor die bewaring- en opvoedingstaak wat hulle verrig.
19 Apr 2023 9 min
24 – 44