GROOTfm 90.5 Die Groot Trek

Die Groot Trek

Doepie hou van adrenalien, nuwe uitdagings en om altyd die gek te skeer. Hy is die tipe ou wat die grap in enige gesprek sal raaksien en uitwys maar kan self baie opgewerk raak oor situasies wat mense nie altyd wil aanspreek nie. Hy het tog ‘n sagte hart en sagte plek vir mense. Daar is nooit ‘n ‘dull moment’ saam met Doepie nie en mens is nooit regtig seker wat volgende gaan gebeur nie. Dit waarborg egter dat die #GrootTrek ‘n program is wat jou op die punt van jou stoel gaan hou vir ‘n volle drie ure.

Nina is avontuurlustig, mal daaroor om die wêreld vol te reis en is passievol oor haar familie en vriende. Sy bring die meeste hart saam na elke uur op lug. Vir stories en geselskap wat maak dat jy uit jou maag wil lag, spandeer jou middae saam Nina op die #GROOTtrek.
Weekly Afrikaans South Africa News
362 Episodes
1 – 20

#DieGrootTrek - Grootgeld met Thys van Everest Wealth

Elke laaste dinsdag van die maand gesels ons met Thys Van Zyl alles GrootGeld. Ons loer bietjie na wat gebeur het in die markte, die afsluiting van die finansiele jaareinde en ook waar om jou geld te belê met die verkiesing wat opkom en met die kragkrisis in SA wat…
26 Mar 25 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van - Paramedikus

Die mense eerste op die toneel en wat jou lewe kan red is paramedikuste. Zander is van Best Care en hy doen dit nou al vir 16 jaar. Ons vind uit wat presies dit is wat mens moet swot deesdae om deel te raak van hierdie beroep en ook die…
25 Mar 36 min

#DieGrootTrek - Loufi en sy nuwe enkelsnit

Loufi of soos Doepie hom noem, Die Loufster, is vandag weer in die ateljee. Hy kom stel sy eerste enkelsnit as onafhanklike kunstenaar vry genaamd "Plaas Toe". Loufi deel ook bietjie sy testimony met ons oor hoe die Here in sy lewe ingegryp het en hoe dit vandag vir hom…
22 Mar 30 min

#DieGrootTrek - Liezel Van Intiem antwoord luisteraars vraag

Ons het die jaar 'n nuwe segment saam met Liezel van Intiem afgeskop genaamd "Liewe Liezel". Daar is 'n hele paar verhoudings vrae wat ons al ontvang het en vandag se luisteraar wil weet "Hoe kry ek dit reg om my man weer verlief te maak op my?"
19 Mar 35 min

#DieGrootTrek - JC Golden oor Trading Bots

Die nuwe sensasie in die geldmaak wereld en wat op alle sosiale media gesien word is Trading Bots. JC Golden van BeardedFX het kom kuier om ons te vertel presies wat hierdie "Bots" doen hoe dit gebruik word, en ook die slaggate waarin mense trap en waarvoor om waaksaam te…
15 Mar 33 min

#DieGrootTrek - OMD onderhoud

Beter bekend as Orchestral Maneuvers in the Dark, bederf die manne van OMD al gehore reg oor die wereld met hulle musiek van die 70's af. Doepie en Nina het bietjie gesels met Paul Humpreys wat een van die stigters van die groep was oor hulle suksesse oor die wereld…
12 Mar 16 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van 'n Boek Uitgewer

Jean Pieters is al vir jare n uitgewer by NB Publishing. Sy is die persoon wat seker maak dat die boeke wat bekend gestel word genoegsame publisiteit kry. Sy stuur ook gereeld vir Doepie en Nina lekker boeke met interresante gaste wat graag hulle storie wil deel. Ons loer vandag…
11 Mar 25 min

#DieGrootTrek - Steve Hofmeyr

Daar is nie 'n Suid-Afrikaner wat nie die man ken of een van sy liedjies nie. Steve Hofmeyr kom kuier vir Doep en Niens om sy nuwe enkelsnit vir sy dogter Romy vry te stel en ons gesels ook bietjie oor sy passies wat strek van politiek tot 'n nuwe…
8 Mar 33 min

#DieGrootTrek - Emo Adams

Een van die besigste manne in die Vermaaklikheids wereld kuier vandag by Doepie en Nina. Emo adams kom deel bietjie wysheid, gesels oor sy nuwe musiek program wat oppad is later die jaar en hoe hy balans hou tussen sy skedule en familielewe.
8 Mar 27 min

#DieGrootTrek - Arno Carstens

SA rock legende Arno Carstens het bietjie vandag kom inloer om te gesels oor sy nuwe enkelsnit wat sopas vrygestel is asook die verandering van die musiek bedryf vandat hy begin het tot nou. Hy het ook van sy bekendste liedjies akoesties opgevoer en ons terug gevat na ons studente…
7 Mar 35 min

#DieGrootTrek - Cilliers Bring Burgemeester van Tshwane

Ons het ons Februarie gesprek met die Burgemeester gemis omdat hy besig was maar hy het vir ons na sy kantoor toe genooi en daar het ons gepraat oor al die nuwe verwikkellinge in die stad en ook waar en hoe die publiek verder kan uithelp om seker te maak…
5 Mar 32 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van 'n Tandarts

Dr Talitha het vandag by ons kom kuier. Sommige mense is bang vir haar en die ander is dankbaar vir die werk wat sy doen. Ons gesels met haar oor haar loopbaan, hoekom sy besluit het om 'n tandarts te word en wat hoogtepunte is van haar beroep.
4 Mar 31 min

#DieGrootTrek - BikerBabes

Via se nuwe wilde reality show is Biker babez. Die dames het vandag kom inloer om vir ons te vertel van hulle leefstyl, dis mispersepsies wat mense oor hulle het en ook hoe hulle almal bymekaar gekom het.
29 Feb 37 min

#DieGrootTrek - Groot Geld met Thys van Everest Wealth Management

Die Minister van Finansies Enoch Godongwana het sy begrotingsrede gelewer en daar is baie vrae wat Suid-Afrikaners het rakende die regering se taktieke veral as dit kom by belasting en ook hoe wat dit vir jou persoonlike finansies gaan beteken. Thys van Zyl van Everest wealth het weer lig op…
27 Feb 26 min

#DieGrootTrek - Raaf in die ateljee

Van ons gunsteling gaste om te kom kuier is Raaf. Hulle het die naweek weer n optrede in Pretoria en wou graag kom inloer om ons meer te vertel van hulle Valentyns liedjie asook waarmee hulle besig is en hulle planne vir 2024.
23 Feb 28 min

#DieGrootTrek - Ruan Josh & Franja Du Plessis

Ruan en Franja kom kuier weer bietjie by Doep en Niens om te gesels oor hulle nuwe duet enkelsnit saam en ook oor hulle 2024 planne. Die kuier was lekker en daar is klomp grappies gemaak.
22 Feb 31 min

#DieGrootTrek - Arnold Vosloo

Arnold het weer kom inloer by Doepie en Nina om te gesels oor sy nuwe reeks "Plan B" wat binnekort op Kyknet gaan verskyn. Dink aan 'n afrikaanse weergawe van Oceans eleven. Arnold speel n baie interesante karakter en vertel ons ook bietjie meer oor wat hy tans mee besig…
20 Feb 32 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van - Haarstilis

Vandag kuier Luzaan De Kock van Hair by Luzaan by ons om te gesels oor haar loopbaan as haarstilis. Ons het ook n hele paar vrae oor die gesondheid van jou hare gevra en van lekker stories wat mens net in n salon sal vind.
19 Feb 37 min
1 – 20