Dit is die finale rondte van die Rugby Kampioenskap en ook die 2de rondte van die Verenigde Rugby Kampioenskap en die manne gesels oor die moontlike vooruitsigte vir die Bokke en die Suid-Afrikaanse spanne die naweek.
Ons kyk terug na die 100ste Toets tussen die Springbokke en All Blacks en ons gesels ook oor die 1ste rondte van die Verenigde Rugby Kampioenskap wat die naweek verby is.
Cappie gesels met Jacques "Mier" Terblanche en Faan Basson oor die 100ste Toets tussen die Springbokke en die All Blacks en bespreek ook die splinter nuwe Vodacom Verenigde Rugby Kampioenskap wat die naweek afskop.
Die eerste dame van Springbok rugby, Annelee Murray wat ook die eerste dame ooit op Die Losgemaal is kom gesels met Cappie en Hein oor haar boek van haar 20 jaar avontuur saam met die Wêreld Rugby Kampioene.
'n Ou bekende, Braam van Straaten loer in by Die Losgemaal en gesels saam met Hein en Cappie oor hierdie naweek se stryd tussen die Springbokke en Wallabies en deel ook baie oor skop tegniek.
Ons kuier saam voormalige Leeus en Saracens haker, Ethienne Reynecke en Tinus van Staden, die skrywer van sy nuwe boek Rateltaai. Ons gesels ook soos altyd natuurlik oor rugby!
Dit is weer sulke tyd en Hein en Cappie het elkeen n gas wat saam hul saak gaan maak om hul span die beste kans te gee vir die naweek se Carling Curriebeker Eindstryd. Gaan dit die Bulle of Haaie wees, net tyd sal leer.
Hein en Cappie gesels met 5 van ons gereelde gaste en pols hulle om te hoor waarom hulle dink wie die gunsteling vir die Curriebeker Eindstryd hierdie naweek gaan wees tussen die Vodacom Bulls en Cell C Sharks.
Hein en Cappie gesels met 2 ondersteuners van die WP en Griekwas onderskeidelik oor die naweek se Carling Curriebeker Half-Eindstryde...wie gaan Koning kraai?
Hein en Cappie sit saam met Jacques "Mier" Terblanche en Angus Opperman en kies hul beste Carling Curriebeker "All-Star" span vir die opkomende Champions Match wat deur Carling Black Label aangebied word op 6 November.
Dit is die finale rondte van die Carling Curriebeker en ons gesels met Angus Opperman om te hoor wie van 3 spanne gaan die laaste 2 plekke van die half-eindstryde opneem.
'n Ou vriend van Die Losgemaal, Reenen Stenekamp kom kuier saam met Hein en Cappie en gesels oor die naweek se 2de Toets teen Argentinië in die Rugby Kampioenskap asook die Carling Curriebeker wat in sy laaste rondtes inbeweeg.
Die Losgemaal kuier met Luiperds Hoof Afrigter André Pretorius wat sopas die Curriebeker Eerste Divisie gewen het & voormalige breier van die Leeus, en 2 keer Junior Wêreldbeker wenner Eugene Eloff.
Die Rugby Kampioenskap is volgende en die manne gesels met Angus Opperman oor die naweek wat kom se stryd teen Argentinië en vang ook bietjie op met dinge rondom die Curriebeker.
Die Bokke het gewen en die Britse en Ierse Leeus huistoe gestuur stert tussen die bene en Hein en Cappie gesels met AP Cronjé oor die lesse wat geleer is deur die Wêreld Kampioene en die reeks in geheel.
Dit is een elk in die reeks en in die episode van Die Losgemaal gesels Hein en Cappy met voormalige Springbok BJ Botha en rugby mal ondersteuner Jacques "Mier" Terblanche oor die 3de en beslissende Toets tussen die Bokke en die Britse en Ierse Leeus.
Die Bokke het dit gedoen en alles kom nou af op n 3de en beslissende Toets en ons gesels met Bismarck du Plessis oor wat verwag kan word en wat hy sovêr van die reeks dink teen die Britse en Ierse Leeus.
Dit is tyd vir die manne om hul voorspellings te maak vir die 2de Toets tussen die Springbokke en Britse en Ierse Leeus, maar voor dit gaan hulle eers kyk na die "Rassie Video".
Ons gesels met voormalige Bok breier Heyneke Meyer in hierdie episode van Die Losgemaal met die Bokke wat rug teen die muur staan en 'n Britse en Ierse Leeus reeks wat moontlik op die spel is in die 2de Toets.
27 Jul 2021
53 min
12 – 32
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.