KLIPRADIO John Deere Africa

John Deere Africa

The John Deere Africa podcast series gives listeners a chance to hear from people, which typically relate to John Deere and/or the business of agriculture.
Occasionally Afrikaans South Africa Science · Nature
26 Episodes
1 – 20

Cog van der Colff

Cog van der Colff boer reeds die afgelope 20 jaar op ‘n familieplaas van 200ha in die Upington-omgewing, op die oewers van die Oranjerivier, wat tafeldruiwe, rosyne en pakanneute produseer. Cog het in 2006 na organiese boerdery oorgeskakel en ‘n paar jaar later sy eerste suksesvolle oes gelewer. Die boerdery…
28 Nov 2020 57 min

Zander Ernst

Tzaneen staan bekend as bosbouwêreld, met klem op veral denne- en bloekomplantasies. Zander Ernst, ‘n vierde-generasie boer wie se oupagrootjie bykans 100 jaar gelede hom hier gevestig het, se familie het egter twee dekades gelede begin om hul bloekom om te skakel na avokado’s toe. Die feit dat hulle reeds…
27 Nov 2020 1 hr 08 min

Vickie van der Westhuizen

Vickie van der Westhuizen en sy broers het grootgeword op hul pa se plaas in die Parys-distrik. Die droogtes en hoë rentekoerse van die Negentigerjare, het hom en sy broers genoop om die grond onderskeidelik op te koop ten einde die plaas te red, en Vickie het sy plaas, Weiveld,…
26 Nov 2020 50 min

Pieter van der Westhuizen

Pieter van der Westhuizen boer met mielies, sonneblomme en sojabone, nadat hy aanvanklik met beeste gespekuleer en ook ‘n melkery bedryf het. Hy verkies saaiboerdery aangesien die omdraaityd vinnig is en ‘n mens, met behulp van moderne tegnologie, vinniger die regte besluite kan neem om jou besigheid te verbeter. Hy…
25 Nov 2020 35 min

Johan Vos

Met ‘n geoktrooieerde rekenmeester as pa, was Johan Vos as kind ‘n dorpsjapie wat, danksy sy ma, wat ‘n plaas geërf het, van jongs af ‘n passie vir boerdery ontwikkel het. So passievol was Johan daaroor as ‘n tiener, dat hy smiddae na skool uitgedraf het plaas toe en terug…
24 Nov 2020 47 min

Bernard Scheepers

Bernard Scheepers van Ermelo se verhaal is sowel hartroerend as inspirerend. Nadat hy op tragiese wyse altwee sy ouers verloor het in ‘n wrede aanval op hul plaas in 1997, wou hy aanvanklik nie meer boer nie. Hy het begin rondspeel in die eiendomsmark, as ‘n veiliger alternatief tot landbou,…
23 Nov 2020 54 min

Martin Louw

Martin Louw is ‘n derde-geslag boer van die Vredefort-distrik wat met sojabone, ‘n Beefmaster-stoet en Vleismarino skape boer. Sy besigheidsin kom van kleintyd af toe hy progressief met hoenders, lammers en uiteindelik beeste begin boer het. Interessant genoeg, word sy hele saaiboerdery eiehandig hanteer deur slegs Martin en sy seun,…
22 Nov 2020 40 min

Barry Landman

Barry Landman en sy twee broers is derde-generasie sitrusboere op Letsitele, naby Tzaneen. Hul hoofvertakking is lemoene, maar hulle produseer ook pomelo’s en suurlemoene, en het onlangs begin diversifiseer met die ontwikkeling van sowel makadamias as avokado’s. Die nuutste toevoeging tot die besigheid, wat die broodnodige diversifikasie-proses eenvoudig na ‘n…
20 Nov 2020 1 hr 16 min

Vlok Hanekom van Die Mas

Vlok Hanekom boer saam met sy broer Coetzer op Die Mas, ‘n plaas wat deur sy ouers, Vlok sr en Welna Hanekom, in 1970 op die been gebring is en geleë is in die Kakamas-distrik - op die oewers van die Oranjerivier. Die streek beskik oor unieke klimaatstoestande, met die…
17 Nov 2020 1 hr 01 min

Theo Prinsloo van GuanoBoost

Theo Prinsloo staan, saam met sy ou skoolvriend Johan Swarts, aan die stuur van , ‘n innoverende maatskappy wat ‘n alles-in-een, 100% organiese kunsmisproduk aan boere voorsien. GuanoBoost word vervaardig van Namibiese guano (voëlmis) wat, met ‘n stikstoftelling van N16.5%, die hoogste konsentraat ryk, natuurlike messtof in die wêreld bevat…
1 Nov 2020 56 min

Kallie Carlsen van Paratus Suid Afrika

The Tornadoes, ‘n Britse popgroep van die Sestigerjare, het in 1962 ‘n futuristiese Nr 1-treffer gehad met hulle enkelsnit, ‘Telstar’,wat verwys na een van die eerste kommunikasie-satelliete wat ooit gelanseer is. Soos Kallie Carlsen egter verduidelik, is kommunikasie-satelliete lank reeds nie meer futuristies nie. Kallie is die besturende direkteur van…
6 Oct 2020 1 hr 21 min

Kobus Steenekamp van Bayer SA

As die Kommersiële Bestuurder vir Bayer SA se afdeling vir gewaswetenskap, is Kobus Steenekamp en sy span verbind daartoe om vernuwende oplossings te bied wat boere se oes-potensiaal verhoog. Dit behels die beskerming van gewasse teen vernietigende siektes en peste. Met produkte wat wissel van hoë-aangedrewe saad tot vindingryke biologiese…
13 Aug 2020 49 min

Tavonga Siyavora & Nate Heinrich John Deere US (English)

I had a very insightful chat with John Deere USA’s Tavonga Siyavora en Nate Heinrich, and hearing how they viewed the innovation of agriculture in Africa. Both Tavonga and Nate are intimately involved with Precision Ag Technology, which is aimed at helping producers worldwide to run more productive, profitable and…
5 Aug 2020 29 min

Patrice Motsepe (English)

Patrice Motsepe is a mining billionaire, who was named South Africa’s richest man in 2012 with an estimated fortune of R12 billion. He delivers an impromptu yet highly inspirational talk on the challenges facing the country. According to Motsepe, everybody simply needs to take hands and work together in helping…
14 Jul 2020 15 min

Buhle Farmers Academy (English)

The Buhle Farmers Academy is a unique, non-profit organisation that trains young, emerging farmers, at their 180n ha Delmas campus. Buhle is helping these young agriculturalists to fully discover the 'gift' of farming, says the agency's friendly CEO, Nyiko Maluleke. According to Nyiko, Buhle is all about training students in…
6 Jul 2020 48 min

Frikkie Nel

Oorlêland is die sleutel tot vrugbare grond, en iets waarin Frikkie Nel van Bothaville vas glo. Frikkie boer omdat dit in sy bloed is, en omdat dit lekker is vir hom. Hy erken egter dat boerdery ‘n uitdaging bly, veral in hedendaagse tye, en dat ‘n mens ‘n fyn balans…
22 May 2020 40 min

Thabo van Zyl

Thabo van Zyl is nie alleen ‘n suksesvolle mielieboer van die Vrystaat nie, maar het onlangs ook Syngenta se Leadership Academy for Agriculture-program suksesvol voltooi. Volgens hom het dié kursus weereens benadruk hoe belangrik effektiewe leierskap, en kommunkasie, in die landbou-sektor is. Hierdie Wesselsbron-boer gesels ook padlangs met Jacques Basson…
8 May 2020 48 min

Ben Schoonwinkel van Syngenta

Syngenta is ‘n innoverende maatskappy wat nie slegs gewasbeskermingsoplossings vir boere ontwikkel nie. Ben Schoonwinkel, hoof van kliëntebemarking vir Syngenta, gesels met Jacques Basson oor ‘n verskeidenheid van vernuwende inisiatiewe waarby Syngenta betrokke is. Syngenta, wat in 2000 tot stand gekom het nadat Novartis Agribusiness en Zeneca Agrochemicals saamgesmelt het,…
10 Apr 2020 43 min

Tavonga Siyavora & Nate Heinrich John Deere US

In Amerika dra landbou meer as $100 biljoen by tot die ekonomie. Boerdery ondergaan snelle ‘vernuwing’, veral wat slimtegnologie betref. Derhalwe was dit uiters insiggewend om met John Deere afgevaardigdes Tavonga Siyavora en Nate Heinrich, van die VSA, te kon gesels en hoor hoe hulle die ‘vernuwing’ van landbou in…
27 Mar 2020 32 min

Reitz Landbou Akademie

Die nuwe Reitz Landbou Akademie is ‘n industrie-gedrewe inisiatief om die jeug met die nodige blootstelling, vaardighede en kennis toe te rus om landbou in SA te bevorder. Die idee van die Reitz Landbou Akademie het in minder as twee jaar ‘n realiteit geword, met 25 ingeskrewe studente en geld…
13 Mar 2020 25 min
1 – 20