ONS GESELS MET - Dr Izelle Viljoen

--:--
23.12.2021 - Izelle Viljoen is ‘n dogter van die Koning, ‘n vrou vir haar man, Ben en ‘n mamma vir vyf kosbare kinders: Ivan-Ben, Ananya, Dawid, Migael en Liya. In 2004 kwalifiseer sy as mediese dokter aan die Universiteit van Stellenbosch waarna sy haar huisdokter- en gemeenskapsdiens-jare in Pretoria voltooi. Na sowat ‘n dekade se betrokkenheid by ‘n algemene-praktisyns-praktyk, verhuis sy en haar gesin terug na Stellenbosch waar sy haar eie praktyk in 2014 open. Izelle volg ‘n holistiese benadering en fokus op die voorkoming en behandeling van kroniese siektetoestande. Sy put vreugde daaruit om te sien hoedat pasiënte (en enige iemand in haar invloedsfeer) genesing ontvang, nie net fisiese en psigiese nie maar ook op geestelike gebied! Izelle glo dat dit elkeen se sleutel is om voluit te kan stap in die roeping wat God op elkeen se lewe het. Om fiks te bly, gaan draf sy graag in die berge rondom Stellenbosch of sommer net op die plaas buite die dorp waar hulle woon.
Skakel in en hoor hierdie merkwaardige en inspirerende getuienis en hoe sy glo oor God en Sy goedheid.

Onthou om ook jou storie of aanbeveling te stuur na wanda@capepulpit.co.za. Ons gesels met…. Mense wat inspireer en belangrike rolspelers van verandering en groei!
23 Dec 2021 Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes