ONS GESELS MET - JAN DE WET

--:--
30.12.2021 - Jan het sy eerste klankopname as sang en uitvoerende kunstenaar in 1967 gemaak en terwyl hy onderwyser en predikant was was hy steeds aktief betrokke by die musiek -industrie. Deur die jare het hy meer as 60 musiekalbums vrygestel (plate,kassette,cds, videos,dvds) en daarvoor talle musiektoekennings ontvang. Hy is tans onder kontrak by Sony Musiek en was ook betrokke by die sanggroep 'Manne wat Glo' en 'Manne van die Woord' wat plaaslik sowel as internasionaal opgetree het.

Jan is getroud met Jeanette en het drie getroude kinders en 7 kleinkinders. Hy het deur die jare op verskeie rade gedien, talle boeke gepubliseer, 10 Comrades Marathonne suksesvol voltooi en lei gereeld groepe na Israel. Hy is ook organiseerder en leier van talle Motorfietstoere na die Europese Alpe.

Onthou om ook jou storie of aanbeveling te stuur na wanda@capepulpit.co.za. Ons gesels met…. Mense wat inspireer en belangrike rolspelers van verandering en groei!
30 Dec 2021 Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes