Agri SA Kongres 2019: Episode 1: Dan Kriek

--:--
Die President van Agri SA, en self ‘n beesboer van die Vrystaat, reflekteer in sy presidentsrede oor die hoë vlakke van onsekerheid huidiglik in die Suid-Afrikaanse gemeenskap en hoe sake soos die beskerming van eiendom en ekonomiese groei aangespreek behoort te word. Volgens Kriek hang die toekoms in ‘n groot mate van inklusiwiteit af. Die rooi ligte flikker, in terme van ons ekonomie, en dit is nou tyd dat inklusiewe besluite geneem moet word rakende die toekoms van hierdie land.
12 Nov 2019 English South Africa Nature · Business

Other recent episodes

Agri SA Kongres 2019: Episode 7: Dr Morné Mostert

Mostert is Direkteur van die Instituut vir Toekomsnavorsing aan Universiteit Stellenbosch, die enigste instituut van sy soort in Afrika, en sy navorsing fokus op die toekomstige wêreld en die impak van die vierde industriële rewolusie op die wêreld. Hy verduidelik dat om oor die toekoms te dink anders is as…
12 Nov 2019 26 min

Agri SA Kongres 2019: Episode 5: Gary McKay

McKay is die Kommersiële bedryfshoof van Fidelity ADT Commercial en gesels oor tegnologie op die plaas - met spesifieke fokus op veiligheidstegnologie vir toekomsboerdery. ADT het ongeveer ‘n jaar gelede begin samesprekings voer met Agri SA om meer effektiewe veiligheidssisteme in plek te stel binne die landbou-industrie, ten einde die…
12 Nov 2019 25 min

Agri SA Kongres 2019: Episode 3: Thoko Didiza

Die Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het begrip vir die diepgaande probleme wat die landbousektor tans in die gesig staar; probleme as gevolg van die erge droogte, wat heelwat boere in sak en as laat sit, en dit lei uit die aard van die saak tot geweldige negatiewe…
12 Nov 2019 45 min

Agri SA Kongres 2019: Episode 8: Barret Bar

As die strategiese hoof van Geïntegreerde Oplossings van die John Deere Intelligence Solutions Group VSA, fokus Bar se praatjie op die revolusie van presisie-landbou deur kunsmatige intelligensie. Met ‘n Meestergraad in Ekonomie en ‘n MBA van die Kellogg School of Management, verduidelik hy hoe John Deere beplan om tegnologie en…
12 Nov 2019 27 min

Agri SA Kongres 2019: Episode 6: Hano Jacobs

Die hoof bedryfsamptenaar van Payteq, wat spesialiseer in die voorsiening van betalings- en rekeningoplossings, voer die gesprek verder oor tegnologie op die plaas. Payteq se fokus is op effektiewe betalingsisteme vir landbou. Volgens Jacobs is betalingstelsels die ruggraat vir enige ekonomie. Omdat die banksektor die afgelope ruk deur ‘n ongelooflike…
12 Nov 2019 22 min