Episode 12: Sonja Herholdt

--:--
Sonja Herholdt, die ‘Meisie van Nigel’, is reeds die afgelope bykans 50 jaar die ‘Liefling’ van Afrikaanse musiek.

Sy het in die sewentigerjare ’n wegholtreffer met die liedjie ‘Ek verlang na Jou’ gehad, wat haar fenominale sangloopbaan van stapel gestuur het.

Met nog ’n rits treffers, insluitende ‘Die Trein na Matjiesfontein’, ‘Harlekyn’, ‘Jantjie’ en ‘Waterblommetjies’, word sy die enigste Afrikaanse sangeres wat ses jaar in ’n ry aangewys was as SARIE se Beste Sangeres van die Jaar.

Herholdt se ereplek in die Afrikaanse musiekbedryf is onteenseglik, maar oor die afgelope klompie jare het hierdie dinamiese blondekop haarself ook onderskei as ’n kampvegter vir ‘vrouwees’ en motiveringspreker van formaat.

Haar verhaal is een van ongelooflike inspirasie…
26 Sep 2022 Afrikaans South Africa Society & Culture · TV & Film

Other recent episodes

Episode 11: Boet Pretorius

As 'n musiekregisseur, -vervaardiger en -verwerker, is Boet Pretorius ongetwyfeld ’n legende, en pionier, in die Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf. Volgens Pretorius het hy egter bloot sy passie nagevolg. Van die talle kunstenaars wat hy oor die jare met hul musiekloopbane bygestaan het, sluit in Die Briels, Gé Korsten, Min Shaw, Lance…
1 Sep 2022 1 hr 02 min

Episode 2: Deon Meyer | Volle Onderhoud

Nié alleen het hy bykans eiehandig misdaadfiksie in Afrikaans laat herleef sedert 1994 nie, Deon Meyer is ook een van die ‘Nuwe Suid-Afrika’ se beroemdste uitvoerprodukte. Sedert sy eerste blitsverkoper, Feniks, het daar 14 verdere romans uit sy pen verskyn, wat in 40 lande wêreldwyd gepubliseer en in 27 tale…
18 Mar 2022 1 hr 16 min

Episode 5: Anton Goosen | Volle Onderhoud

Anton Goosen staan nie verniet as ‘Liedjieboer’ bekend nie. Hy het letterlik as kind op ’n kleinhoewe begin musiekmaak, waar die plaashulp, Jantjie (Lui dit ’n klokkie?), hom geleer melk, rook en kitaarspeel het! ’n Meer plat op die aarde mens is daar nie, maar Goosen se musiek is allermins…
29 Apr 2022 1 hr 28 min

Episode 3: Jannie du Toit | Volle Onderhoud

Ek wens dat jy jou liedjie vir ons kon sing… Wel, Jannie du Toit het, vir Nostalgooi, presies dit gedoen. Hierdie gevierde sanger en liedjieskrywer, en pionier van die Musiek-en-Liriekbeweging, gee ook vir ons ’n blik op sy legendariese loopbaan van 50 jaar in die Afrikaanse musiekbedryf. Vir hom staan…
1 Apr 2022 1 hr 36 min

Episode 1: David Kramer | Verkorte Onderhoud

Benewens die kommersiële sukses wat hy in die vroeë tagtigerjare behaal het met supertreffers soos ‘Blokkies Joubert’, kan David Kramer tereg beskou word as ’n baanbreker van alternatiewe Afrikaanse liriek. Ironies genoeg, het Kramer op universiteit, gedurende die apartheidsjare, Afrikaans ook afgemaak as taal van die onderdrukker, totdat hy mettertyd…
25 Feb 2022 30 min