Maandag Oggenddiens - Past Dries Venter

--:--
LUKAS 15

20En hy het sonder versuim na sy pa toe teruggegaan.
“Toe hy nog ver aankom, het sy pa hom al gesien en hom innig jammer gekry. Hy hardloop hom tegemoet, omhels hom en soen hom. 21Toe sê die seun vir hom: ‘Pa, ek het teen God en teen Pa gesondig. Ek is nie meer werd om Pa se seun genoem te word nie.’ 22Maar sy pa roep sy werksmense: ‘Maak gou! Bring klere, die beste, en trek dit vir hom aan; sit vir hom 'n ring aan sy vinger en trek vir hom skoene aan! 23En bring die vetgemaakte kalf, slag hom, en laat ons eet en feesvier! 24Hierdie seun van my was dood, en hy lewe weer; hy was verlore, en ek het hom teruggekry.’ Toe het hulle begin feesvier.
25“Sy oudste seun was nog in die veld. Toe hy terugkom en naby die huis was, hoor hy die musiek en die singery. 26Hy roep toe een van die bediendes nader en vra hom wat aan die gang is. 27Die bediende antwoord: ‘U broer het gekom, en u pa het die vetgemaakte kalf geslag omdat hy hom behoue en gesond teruggekry het.’
28“Toe het die oudste seun kwaad geword en hy wou nie in die huis ingaan nie. Sy pa gaan toe uit en praat mooi met hom; 29maar hy antwoord: ‘Kyk, al die jare werk ek soos 'n slaaf vir Pa. Nog nooit het ek 'n opdrag van Pa verontagsaam nie, en vir my het Pa nog nooit eers 'n bokkie gegee sodat ek saam met my vriende kan feesvier nie. 30Maar nou dat hierdie seun van Pa, wat Pa se goed met prostitute deurgebring het, terugkom, het Pa vir hom die vetgemaakte kalf geslag!’
21 Nov 2022 1AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Sondagaand Erediens - Prof Pieter Verster

HABAKUK 3 Habakuk se gebed 1'n Gebed van die profeet Habakuk. Op die wysie van 'n klaaglied. 2Here, ek het gehoor wat van U vertel is en ek is vervul met ontsag vir wat U gedoen het. Doen dit tog ook in ons tyd, laat u dade ook in ons…
3 Dec 12PM 24 min

Sondagoggend Erediens - Prof Pieter Verster

MALEAGI 4 1Die dag kom en hy brand soos 'n oond. Dié wat teen God in opstand is, almal wat verkeerd doen, sal die kaf wees, en hulle sal verbrand word deur die dag wat kom, sê die Here die Almagtige. Daar sal van hulle nie 'n wortel, nie 'n…
3 Dec 2AM 28 min

Saterdag Oggenddiens - Prof Pieter Verster

MIGA 6 1Hoor wat die Here sê: Maak klaar, roep die berge as getuie, laat die heuwels hoor wat jy te sê het. 2Berge, vaste fondamente van die aarde, julle moet luister na die saak wat die Here het. Die Here het 'n saak teen sy volk, Hy het Israel…
2 Dec 1AM 17 min

Vrydag Oggenddiens - Prof Pieter Verster

JEREMIA 31 1Daardie tyd, sê die Here, sal Ek die God van al die stamme van Israel wees, en hulle sal my volk wees. 2So sê die Here: Israel, die volk wat aan die swaard ontkom het, is begenadig in die woestyn, hy sal na sy rusplek toe kom. 3Van…
1 Dec 1AM 14 min

Wat sê die Woord - DR E (Dr Elrike)

Christelike oggenddienste wat uitgesaai word Maandag tot Saterdag om 08:30 asook Sondag Erediens om 09:00 en die Aanddiens om 19:00
29 Nov 12PM 59 min