Weerkenner: La Niña-stelsel verswak

--:--
Weerkenners sê op kort termyn, maar veral die langer termyn, begin reënvaltoestande in Suider-Afrika verswak. Die La Niña-stelsel se onlangse tydelike oplewing kan van korte duur wees. Dit sal in Januarie vinnig verswak om oor te gaan in neutrale toestande. Die bekende onafhanklike weerkenner in Suid-Afrika, Johan van den Berg, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hoe reënvooruitsigte vir Namibië lyk.
5 Jan 11PM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

SA se raad vir bou-omgewing waarsku oor klimaatsverandering

DIe raad vir die bou-omgewing in die buurland sê klimaatsverandering word reeds wêreldwyd beleef in ongekende droogtes, oorstromings, bosbrande en ander uiterste weerstoestande. Dit sê Suid-Afrika het ook deurgeloop met die onlangse oorstromings in provinsies soos KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap. Die raad se woordvoerder, Sinah Ndala, sê die gevolge van…
29 Mar 7AM 1 min

BoN se jaarverslag vanoggend bekendgestel

Die Bank van Namibië se jaarverslag is vanoggend in die hoofstad deur die goewerneur van die sentrale bank, Johannes !Gawaxab bekendgestel. Hy sê Covid-verligtingsmaatreëls is behou om voort te gaan om huishoudings en besighede by te staan. Hierdie stap kommersiële banke in staat gestel om krediet te verleen aan ekonomiese…
29 Mar 7AM 1 min

Veiligheidsbedryf in Namibië onder die loep

Die lede van die Namibiese Sekuriteits-arbeidsforum het 'n vergadering gehou om die huidige stand van sake rakende die veiligheidsbedryf in die land te bespreek. Die forum sluit die Sekuriteits-vereniging van Namibië, asook verskeie vakbonde in. Tydens die vergadering het alle partye ooreengekom om saam te werk om die uitdagings in…
29 Mar 7AM 1 min

PDM sal parlementêre ondersoek na Namcor-drama aanvaar

Die Namcor-sage duur voort. Die PDM het aangekondig dat hy binnekort ‘n mosie in die Nasionale Vergadering ter tafel sal lê vir ‘n parlementêre ondersoek na wat hy beskryf as die voorkoms van ‘n mafia-styl bestuurstyl wat tans by Namcor ontvou. Die party sê die betrokke staande komitee moet magte…
29 Mar 7AM 1 min