Namibian Lives Matter soek antwoorde oor konflik-situasie met Botswana

--:--
Namibian Lives Matter het sy reaksie gegee oor Botswana se President Mokgweetsi Masisi wat op 'n eendag-besoek aan Namibië op uitnodiging van President Hage Geingob was. Masisi se besoek volg op die twee lande wat einde verlede jaar die eerste sitting van die Botswana-Namibië Bi-Nasionale Kommissie gehou het onder voorsitterskap van die twee Presidente. Die beweging sê hulle is nog steeds ontevrede oor die hantering van die kwessie oor 37 Namibiese burgers wat deur die Botswana-weermag doodgeskiet is. Sinvula Mudabeti, een van die leiers van die beweging, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle sou verwag dat die kwessie tydens hierdie besoek van die in die Namibiese staatshuis aangespreek word
9 Jan 12AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Saftu teleurgesteld oor salaris-aanbod

Die vakbond-federasie Saftu is teleurgesteld oor berigte wat daarop dui staatsdiens-vakbonde, wat sowat 53,9 persent van die stemgewig in die Staatsdiens se Koördinerende Bedingingsraad uitmaak, die regering se jongste salaris-aanbod gaan aanvaar. Saftu sê die aanbod van 7,5 persent is 'n wanvoorstelling, sonder om die gevolge rondom dit te verduidelik…
29 Mar 9AM 1 min

Krieket: Proteas se boulwerk kan verbeter

Krieket: Die Proteas se afrigter, Rob Walter, beskryf die T20-reeks teen die Windies as 'n moeilike een vir albei spanne se boulers. Die besoekers het Dinsdag hul toer op 'n hoogtepunt afgesluit deur die derde en beslissende wedstryd met sewe lopies te wen. Die Windies het 220 vir agt aangeteken…
29 Mar 9AM 1 min

SA se raad vir bou-omgewing waarsku oor klimaatsverandering

DIe raad vir die bou-omgewing in die buurland sê klimaatsverandering word reeds wêreldwyd beleef in ongekende droogtes, oorstromings, bosbrande en ander uiterste weerstoestande. Dit sê Suid-Afrika het ook deurgeloop met die onlangse oorstromings in provinsies soos KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap. Die raad se woordvoerder, Sinah Ndala, sê die gevolge van…
29 Mar 7AM 1 min

BoN se jaarverslag vanoggend bekendgestel

Die Bank van Namibië se jaarverslag is vanoggend in die hoofstad deur die goewerneur van die sentrale bank, Johannes !Gawaxab bekendgestel. Hy sê Covid-verligtingsmaatreëls is behou om voort te gaan om huishoudings en besighede by te staan. Hierdie stap kommersiële banke in staat gestel om krediet te verleen aan ekonomiese…
29 Mar 7AM 1 min

Veiligheidsbedryf in Namibië onder die loep

Die lede van die Namibiese Sekuriteits-arbeidsforum het 'n vergadering gehou om die huidige stand van sake rakende die veiligheidsbedryf in die land te bespreek. Die forum sluit die Sekuriteits-vereniging van Namibië, asook verskeie vakbonde in. Tydens die vergadering het alle partye ooreengekom om saam te werk om die uitdagings in…
29 Mar 7AM 1 min