Sondagaand Erediens - Past Marius Jacobs

--:--
ESEGIËL 47
Die stroom uit die heiligdom
1Die man met die meetstok het my teruggebring na die ingang van die tempel toe. Toe sien ek daar kom water onder die tempel se drumpel uit aan die oostekant. Die tempel het oos gekyk. Die water het regs van die tempel weggeloop, suid van die altaar verby. 2Die man vat my toe by die noordpoort uit en om na die buitenste oospoort toe. Daar syfer die water toe regs langs die poort uit. 3Die man het oos gestap en met die maatlyn wat hy by hom gehad het vyf honderd meter afgemeet van die oospoort af. Toe laat hy my deur die water loop. Dit was enkeldiep. 4Hy het nog vyf honderd meter afgemeet en my deur die water laat loop. Dit was kniediep. Hy het nog vyf honderd meter afgemeet en my deur die water laat loop. Dit het tot by my heupe gekom. 5Toe meet hy nog vyf honderd meter, maar toe was die water 'n stroom waar ek nie kon deur nie. Die water was diep, sodat 'n mens sou moes swem; dit was 'n stroom waar 'n mens nie deur kon loop nie.
6Die man sê toe vir my: “Sien jy dit, mens?”
5 Feb 12PM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Vrydag Oggenddiens - Dr Hanneke Meyer

JAKOBUS 3 Beheersing van die tong 1My broers, julle moenie almal leermeesters wil wees nie, want julle moet weet dat ons wat leermeesters is, strenger as ander beoordeel sal word. 2Ons struikel almal in baie opsigte. As iemand nooit struikel in wat hy sê nie, is hy volmaak, by magte…
24 Mar 2AM 17 min

Donderdag Oggenddiens - Dr Hanneke Meyer

JAKOBUS 2 Glo en doen 14Wat help dit, my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? Kan so 'n geloof 'n mens red? 15Sê nou daar is 'n broer of 'n suster wat nie klere het nie en dag vir dag honger ly, 16en…
23 Mar 2AM 21 min

Woensdag Oggenddiens - Dr Hanneke Meyer

JAKOBUS 2 Moenie volgens die uiterlike oordeel nie 1My broers, julle wat glo in ons Here Jesus Christus, die Here aan wie die heerlikheid behoort, moet mense nie volgens hulle uiterlike beoordeel nie. 2Sê nou daar kom in julle samekoms 'n man in met goue ringe aan sy vingers en…
22 Mar 2AM 17 min

Dinsdag Oggenddiens - Dr Hanneke Meyer

JAKOBUS 2 19Glo jy dat daar net een God is? Dit is reg. Die bose geeste glo dit ook – en hulle sidder van angs. 20Jou dwaas, wil jy 'n bewys hê dat geloof sonder dade nutteloos is? 21Ons voorvader Abraham het sy seun Isak op die altaar gelê. Is…
21 Mar 2AM 14 min