Hulpbron-voordele: 'Dis ongelooflik dat Geingob dit nou eers agterkom'

--:--
Reaksie word ontvang op berigte dat President Hage Geingob sê hy neem die advies van Botswana se President Mokgweetsi Masisi in ag om 'n groter inkomste-aandeel uit diamante wat aan De Beers verkoop is, te verkry. Masisi het onlangs gedreig dat hy die ooreenkoms sou opskort en ontvang nou 25 persent, maar sê hy sal nog verder gaan. Geingob sê nasionale hulpbronne moet in nasionale belang gebruik word maar voeg by dit is nie nasionalisering nie – net 'n maksimum voordeel. Nico Smit, die skaduminister van finansies van die PDM sê dit is ongelooflik dat President Geingob dit nou eers agterkom...
23 Mar 6AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Aktivis: Jerry moet weer die Grondwet lees

‘n Aktivis het haar reaksie op die uitlatings van die Swapo-veteraan Jerry Ekandjo gegee wat in die parlement uitgevaar het teenoor homoseksualiteit. Ekandjo is reeds jare bekend vir sy standpunt teen homoseksualiteit, en het destyds ook, saam met stigterspresident Sam Nujoma, teen die LGBTQ-gemeenskap uitgevaar. Hy sê hy was nie…
10 Jun 6AM 1 min

Swakop hou môre vergadering vir Mondesa-inwoners

Die Swakopmund-munisipaliteit bied Sondag ’n openbare vergadering vir die inwoners van Mondesa aan. Die vergadering vind vanaf drie-uur die middag by die veeldoelige sentrum plaas. Die dorpsraad wil die bekommernisse van die inwoners aanhoor tydens die vergaderings wat vir die kusdorp gereël is. Kosmos 94.1 Nuus het met Linda Mupupa,…
10 Jun 6AM 1 min

Sokker: Guardiola mik na tweede driekuns

Sokker: Pep Guardiola sal die eerste afrigter in die geskiedenis word om die driekuns twee keer te wen as Manchester City vanaand vir Inter Milan verslaan in die eindstryd van die Kampioeneliga in Istanbul. Guardiola het reeds in 2009 by Barcelona die liga-titel, die plaaslike beker en die Kampioeneliga gewen,…
10 Jun 5AM 1 min

Eskom aanvaar Nasionale Tesourie se besluit

Eskom het die besluit van die Nasionale Tesourie aanvaar om hom nie gedeeltelik kwyt te skeld van sekere bepalings van die Wet op Finansiële Bestuur en Tesourie-regulasies nie. Die tussentydse woordvoerder van Eskom, Daphne Mokwena, sê die besluit beteken die kragvoorsiener sal steeds finansiële en nie-finansiële inligting oor onreëlmatige, vrugtelose…
10 Jun 5AM 1 min

Beter beskerming vir fluitjieblasers bepleit

Burgerregte-organisasies in die buurland het saamgewerk om 'n versoekskrif op Change.org te begin vir die aanvaarding van 'n wetsontwerp vir fluitjieblasers. Die Active Citizens Movement tesame met die Suider-Afrikaanse Instituut vir Deelnemende en Verantwoordelike Regering bepleit die aanvaarding van die Konsepwetsontwerp op die Beskerming en Ondersteuning van Fluitjieblasers. ʼn Lid…
10 Jun 3AM 1 min