Kaapse geslagsgeweld-veldtog duur voort

--:--
Die Wes-Kaapse LUR vir Polisie-oorsig en Gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, sê die provinsiale regering werk hard om geslagsgeweld deur sy Verbreek die kringloop-veldtog te bekamp. As deel van die veldtog was provinsiale amptenare gister in Delft wat een van die land se grootste misdaadbrandpunte is. Allen sê die talle en ingewikkelde oorsake van geslagsgeweld sluit in mishandeling tussen generasies en volgehoue blootstelling aan geweld. Hy sê dit strek oor die grense van ras, inkomste en geografiese gebiede:
23 Mar 7AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Aktivis: Jerry moet weer die Grondwet lees

‘n Aktivis het haar reaksie op die uitlatings van die Swapo-veteraan Jerry Ekandjo gegee wat in die parlement uitgevaar het teenoor homoseksualiteit. Ekandjo is reeds jare bekend vir sy standpunt teen homoseksualiteit, en het destyds ook, saam met stigterspresident Sam Nujoma, teen die LGBTQ-gemeenskap uitgevaar. Hy sê hy was nie…
10 Jun 6AM 1 min

Swakop hou môre vergadering vir Mondesa-inwoners

Die Swakopmund-munisipaliteit bied Sondag ’n openbare vergadering vir die inwoners van Mondesa aan. Die vergadering vind vanaf drie-uur die middag by die veeldoelige sentrum plaas. Die dorpsraad wil die bekommernisse van die inwoners aanhoor tydens die vergaderings wat vir die kusdorp gereël is. Kosmos 94.1 Nuus het met Linda Mupupa,…
10 Jun 6AM 1 min

Sokker: Guardiola mik na tweede driekuns

Sokker: Pep Guardiola sal die eerste afrigter in die geskiedenis word om die driekuns twee keer te wen as Manchester City vanaand vir Inter Milan verslaan in die eindstryd van die Kampioeneliga in Istanbul. Guardiola het reeds in 2009 by Barcelona die liga-titel, die plaaslike beker en die Kampioeneliga gewen,…
10 Jun 5AM 1 min

Eskom aanvaar Nasionale Tesourie se besluit

Eskom het die besluit van die Nasionale Tesourie aanvaar om hom nie gedeeltelik kwyt te skeld van sekere bepalings van die Wet op Finansiële Bestuur en Tesourie-regulasies nie. Die tussentydse woordvoerder van Eskom, Daphne Mokwena, sê die besluit beteken die kragvoorsiener sal steeds finansiële en nie-finansiële inligting oor onreëlmatige, vrugtelose…
10 Jun 5AM 1 min

Beter beskerming vir fluitjieblasers bepleit

Burgerregte-organisasies in die buurland het saamgewerk om 'n versoekskrif op Change.org te begin vir die aanvaarding van 'n wetsontwerp vir fluitjieblasers. Die Active Citizens Movement tesame met die Suider-Afrikaanse Instituut vir Deelnemende en Verantwoordelike Regering bepleit die aanvaarding van die Konsepwetsontwerp op die Beskerming en Ondersteuning van Fluitjieblasers. ʼn Lid…
10 Jun 3AM 1 min