Sokker: Bafana Bafana speel takel Liberië

--:--
Sokker: Bafana Bafana gaan tuis en weg teen Liberië speel in kwalifiserings-wedstryde vir die Afrikabeker-toernooi. Suid-Afrika is môreaand op die Orlando-stadion in Soweto gasheer vir die Wes-Afrikaland, en die twee lande ontmoet mekaar vier dae later weer in die Liberiese hoofstad, Monrovië. Bafana se hoofafrigter, Hugo Broos, sê hulle moet albei kragmetings wen om te kwalifiseer voor hulle teen die groeps-gunsteling, Marokko, te staan kom.
23 Mar 9AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Nacso verduidelik belangrikheid van bewaringsjag

Die Britse verbod op die invoer van sekere jagtrofeë word deur sommige Namibiese bewarings-organisasies as onnodig bestempel. Voetsoolvlak-bewaringsgroepe in verskeie Suider-Afrikaanse lande beskou die invoerverbod op sekere jagtrofeë as "nog 'n manier om Afrika te her-koloniseer" wat landelike lewensbestaan sal ondermyn en die beskerming van wildlewe sal bedreig. Maxi Louis…
28 May 2AM 1 min

Rugby: Stormers in Kaapstad onttroon

Rugby: Die Ierse flank John Hodnett het vier minute voor die einde van die wedstryd 'n drie gedruk en vir Munster 'n 19-14 oorwinning oor die Stormers verseker in 'n volgepakte Kaapstad-stadion. Dit was 'n spannende Verenigde Rugby Kampioenskap-wedstryd wat vir Munster hul eerste trofee in 12 jaar opgelewer het…
28 May 1AM 1 min

Geslagsgeweld, verkragting grootste kopsere in Oshikoto

Ses verdagtes van ‘n inbraak by OK se meubel-pakhuis op Tsumeb, bly in aanhouding. Dit volg nadat hulle glo yskaste, stowe en koffietafels ter waarde van byna 70 000 gesteel het. Hulle is vasgetrek na wenke van die publiek toe hulle glo die meubels wou verkoop. Inbrake en diefstal is…
27 May 5AM 1 min

DA het landwye veldtog oor water-aanlegte

Die DA het 'n dringende en landwye oorsigveldtog by alle waterbehandelingaanlegte van stapel gestuur. Die party sê die opspoor van cholera in die Vaalrivier dié week en die stelselmatige ineenstorting van waterbehandelingsaanlegte in Suid-Afrika is simptome van 'n dreigende nasionale krisis. Aanvanklike ondersoeke dui aan minder as tien-persent van die…
27 May 5AM 1 min