DA het landwye veldtog oor water-aanlegte

--:--
Die DA het 'n dringende en landwye oorsigveldtog by alle waterbehandelingaanlegte van stapel gestuur. Die party sê die opspoor van cholera in die Vaalrivier dié week en die stelselmatige ineenstorting van waterbehandelingsaanlegte in Suid-Afrika is simptome van 'n dreigende nasionale krisis. Aanvanklike ondersoeke dui aan minder as tien-persent van die aanlegte werk optimaal. Meer as 50-persent hou 'n medium-, hoë of kritieke risiko in. Leon Basson van die DA sê net nege-persent van die watervoorsieningstelsels het volledige waterveiligheidsplanne.
27 May 5AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Namibiese dollar val saam met SA rand

Die Suid-Afrikaanse rand, en dus die Namibiese dollar, het min verander in vroeë handel, nadat dit Dinsdag getuimel het op die rug van stygende Amerikaanse tesourie-opbrengste. Die rand het tot soveel as 1,4 persent teenoor die dollar verloor. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Klopper, gesels…
27 Sep 12PM 1 min

Old Mutual-stigting bemagtig Namibiese jeug

Die Old Mutual-stigting kondig aan dat 28 laerskole gekies is om deel te neem aan sy baanbreker Little Green Ambassadors inisiatief. Dit het ten doel om die jeug van Namibië te bemagtig om kampioene vir ons planeet te word en staan omgewingsvolhoubaarheid voor. As deel van die inisiatief sal die…
27 Sep 12PM 1 min

Amerikaanse ambassade neem afskeid van biblioteek

Die Amerikaanse ambassade nooi die publiek na 'n afskeidsgeleentheid vir die beroemde Amerikaanse kultuursentrumbiblioteek, wat 'n leer- en lesingsruimte aan vele Namibiërs gebied het. Deur die jare het duisende Namibiërs baat gevind by verskeie dienste, programme en opleiding wat deur die biblioteek op die 3de vloer van die Sanlam-gebou in…
27 Sep 11AM 1 min

DA soek ondersoek na miljoene se ongebruikte motors

Die DA vra vir 'n deeglike ondersoek na beweerde wanbestuur en verkwistende besteding binne die Suid-Afrikaanse polisiediens se misdaadintelligensie-eenheid. Dit het aan die lig gekom 100 miljoen Suid-Afrikaanse rand is toegeken aan ongebruikte voertuie, insluitend luukse sedans en sportnutsvoertuie wat al vir jare staan, terwyl geheime bedrywighede glo vir 'n…
27 Sep 11AM 1 min

Feitefout sorg vir konsternasie in NV

Die omgewingsake-minister, Pohamba Shifeta, het gereageer en sê dit is gerugte, misleidend en ongegrond. Trouens, die Ministerie het 130 000 dollar vir al 13 perde betaal, dus 10 000 dollar per perd.
27 Sep 11AM 1 min