Swakop hou môre vergadering vir Mondesa-inwoners

--:--
Die Swakopmund-munisipaliteit bied Sondag ’n openbare vergadering vir die inwoners van Mondesa aan. Die vergadering vind vanaf drie-uur die middag by die veeldoelige sentrum plaas. Die dorpsraad wil die bekommernisse van die inwoners aanhoor tydens die vergaderings wat vir die kusdorp gereël is. Kosmos 94.1 Nuus het met Linda Mupupa, die skakelbeampte gesels wat sê watter kwessies op die agenda van die vergadering is.
10 Jun 6AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Inflasie kan val, maar Namibië steeds kwesbaar

Simonis Storm berig dat terwyl die nominale BBP in die tweede kwartaal van 2023 sedert 2019 met 32,4% gestyg het, het die reële BBP oor dieselfde tydperk relatief stagnant gebly, en 'n toename van slegs 6,4% gesien. Dit illustreer duidelik hoe inflasie groei geleidelik geërodeer het met verloop van tyd…
25 Sep 12PM 1 min

Polisiehoof spreek lui beamptes en aanklaers aan

Nampol se inspekteur-generaal Joseph Shikongo het tydens 'n vyf-dag werksessie van polisiebeamptes en aanklaers in Swakopmund gesê mense is gefrustreerd en ontevrede met onopgeloste sake by die polisie en vertragings in hofsake. Hy het 'n beroep gedoen op polisiebeamptes en staatsaanklaers om die publiek met integriteit te dien. Die polisiehoof…
25 Sep 12PM 1 min

Motorvrye Dag lê klem op alternatiewe vervoermiddels

Motorvrye Dag is 'n jaarlikse geleentheid wat wêreldwyd gehou word om groter gebruik van volhoubare alternatiewe vervoermiddels as motors te bepleit, soos fietsry. Dit sal ook omgewings-, gesondheids- en gemeenskapsverwante uitdagings aanspreek. Stad Windhoek sal saam met die res van die wêreld hierdie geleentheid herdenk op 29 September 2023. Stadswoorvoerder…
25 Sep 11AM 1 min

DA beweer kaderontplooiingskomitee vertraag aanstelling van Eskom-hoof

Die DA beskuldig die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, van uitstel met die aanstelling van 'n nuwe uitvoerende hoof by Eskom. Die party beweer die ANC se kaderontplooiingskomitee beïnvloed dalk die proses, gegewe berigte van Gordhan wat na bewering die Eskom-raad opdrag gegee het om die aanstelling van 'n…
25 Sep 11AM 1 min