DA soek ondersoek na miljoene se ongebruikte motors

--:--
Die DA vra vir 'n deeglike ondersoek na beweerde wanbestuur en verkwistende besteding binne die Suid-Afrikaanse polisiediens se misdaadintelligensie-eenheid. Dit het aan die lig gekom 100 miljoen Suid-Afrikaanse rand is toegeken aan ongebruikte voertuie, insluitend luukse sedans en sportnutsvoertuie wat al vir jare staan, terwyl geheime bedrywighede glo vir 'n jaar reeds nie werksaam is nie. Die DA-lid Dianne Kohler Barnard, sê hierdie wanbestuur van belastingbetalersfondse het kommer laat ontstaan oor die doeltreffendheid van veiligheidsagentskappe, veral in die lig van die onluste in Julie 2021 wat nie voorsien is nie.
27 Sep 11AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Nuwe Windhoek-burgemeester 'verbind tot pligte'

Windhoek se nuwe burgemeester, Queen Kamati van Swapo, het met 6 uit 11 stemme geseëvier by die stadsraad se ampsdraerverkiesing. Die vorige burgemeester, Joseph Uapingene, is die nuwe onder-burgemeester. Kamati sê as raadslede is dit hul plig om goeie dienste aan die inwoners van die hoofstad te lewer, en hulle…
2 Dec 5AM 1 min

Cyril vra meer geld vir klimaatfonds

President Cyril Ramaphosa het ‘n beroep gedoen vir verhoogde bydraes tot die nuwe Fonds vir Verlies en Skade om klimaatsverandering teen te werk. Ramaphosa het wêreldleiers toegespreek op die COP28-klimaatspitsberaad en Afrika se kwesbaarheid vir klimaatsverandering en die belangrikheid van ‘n werksprogram oor nasionale en internasionale regverdige oorgang oor ekonomiese…
2 Dec 5AM 1 min

NEO for Namibia help pasgebore babas

Helping Babies Survive is 'n nie-winsgewende organisasie gebaseer in Switserland, wat fokus op die implementering van eenvoudige mediese intervensies om die oorlewingskoers van pasgebore babas te verbeter. NEO for Namibia is 'n groep Switserse dokters en verpleegkundiges met lang ervaring in algemene pediatrie, pediatriese noodgeneeskunde, neonatologie en pediatriese intensiewe sorg…
2 Dec 4AM 1 min

Koalisiebestuur van Johannesburg wek kommer

Die DA in Gauteng is bekommerd oor die bestuur van Johannesburg deur die koalisie van die ANC, EFF en Patriotic Alliance. Die party is gekweld oor die stad se stryd met befondsing van infrastruktuur, asook met beweerde onreëlmatige aanstellings. Die DA-woordvoeder Belinda Kayser-Echeozonjoku sê omdat die nasionale regering weier om…
2 Dec 3AM 1 min