Amerikaanse ambassade neem afskeid van biblioteek

--:--
Die Amerikaanse ambassade nooi die publiek na 'n afskeidsgeleentheid vir die beroemde Amerikaanse kultuursentrumbiblioteek, wat 'n leer- en lesingsruimte aan vele Namibiërs gebied het. Deur die jare het duisende Namibiërs baat gevind by verskeie dienste, programme en opleiding wat deur die biblioteek op die 3de vloer van die Sanlam-gebou in die middestad van Windhoek aangebied is. Tiffany Miller, woordvoerder van die Amerikaanse ambassade, het meer besonderhede.
27 Sep 11AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Uutoni roskam munisipaliteite oor uitkontraktering

Die stedelike ontwikkeling-minister, Erastus Uutoni, het die Stad Windhoek en ander plaaslike owerhede versoek om van hul permanente werknemers gebruik te maak eerder as om sekere munisipale funksies aan buite-instansies toe te ken. Die minister sê baie munisipaliteite het agentskappe gekontrakteer, veral vir skuldinvordering, terwyl hulle sê hulle het 'n…
8 Dec 11AM 1 min

McIlroy teleurgesteld in Rahm oor LIV Gholf-besluit

Gholf: Die viermalige major-wenner Rory McIlroy sê hy is teleurgesteld met die Spanjaard Jon Rahm se besluit om by die Saoedi-ondersteunde LIV Golf aan te sluit. Die wêreld se nommer drie sal deel wees van ʼn LIV Golf-groep wat volgende jaar Brooks Koepka, Cameron Smith, Dustin Johnson, Patrick Reed en…
8 Dec 11AM 1 min

Vier verantwoordelik fees, vra LUR

Mpumalanga se LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, doen ‘n beroep op mense om hierdie feestyd verantwoordelik deel te neem aan byeenkomste en feestelikhede. Baie mense maak gereed vir stokvel-byeenkomste hierdie naweek waar hulle die opbrengs van hul jaar-lange spaargeld gaan deel. Die departement se woordvoerder, Moeti Mmusi, sê hierdie en…
8 Dec 11AM 1 min

ReconAfrica fokus nou op Namibië, Botswana

Die Kanadese maatskappy ReconAfrica het sy bedrywighede in Mexiko gesluit nadat die verkoop van sy filiaal onlangs afgehandel is, wat die fokus na sy eksplorasie- en booraktiwiteite in die noordooste van Namibië en Noord-Botswana verskuif het. Dit is deur die maatskappy se woordvoerder, Ndapewoshali Shapwanale, bevestig. Die maatskappy het vroeër…
8 Dec 10AM 1 min