Banksektor se kommer oor slenters groei

--:--
Berigte van 'n nuwe slenter doen die rondte waarin persone 'n kennisgewing van Standard Bank ontvang dat daar 'n inbetaling van NamRA verwag word, en hulle op 'n skakel moet klik om die betaling te bevestig. 'n Bedrag word selfs gelys en die kennisgewing lyk oortuigend. Lede van die publiek word gemaan om nie op enige skakel te klik voordat hulle dit nie met hul bank opgeklaar het nie, want toegang tot sensitiewe inligting word so bekom. Standard Bank Namibia se woordvoerder, Khadijah Mouton, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die situasie wek kommer in die banksektor.
1 Oct 4AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

NSA gesels oor sterftes in Namibië

Die verslag oor sterftes en die oorsake daarvan deur die Namibië Statistiek-agentskap gee die statistieke vir die jare 2018 tot 2021. Die verslag is gebaseer op sterftedata wat ingesamel is deur die Namibiese siviele registrasiestelsel wat deur die binnelandse sake-ministerie onderhou word. Kosmos 94.1 Nuus het met die NSA se…
11 Dec 3AM 1 min

Unam gesels oor fooie, afsluiting en meer

Met die 2023 akademiese jaar wat tot 'n einde kom, maak tersiêre instellings ook gereed om die jaar af te sluit. Die Universiteit van Namibië sluit sy akademiese jaar op 15 Desember af en heropen in Januarie volgende jaar. Kosmos 94.1 Nuus het met Simon Namesho, die universiteit se woordvoerder,…
11 Dec 3AM 1 min

Inflasie sal in 2024 verhoog - ekonoom

Die jaarlikse inflasiekoers gedurende November vanjaar het op 5,7 persent gestaan, in vergelyking met 7 persent wat in November 2022 gesien is. Dit is volgens die Namibië Statistieke Agentskap se jongste verslag oor die Verbruikersprysindeks. Dit meld ook dat Namibië se jaarlikse inflasiekoers op 6 persent gestaan het vir Oktober…
11 Dec 2AM 1 min

WGO aanvaar resolusie oor hulp aan Gaza

Die direkteur-generaal vir die Wêreldgesondheidsorganisasie, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê die uitwerking van die konflik tussen Israel en Hamas op gesondheid is katastrofies. Die organisasie se uitvoerende raad het ‘n resolusie aanvaar wat daarop gemik is om die katastrofiese humanitêre situasie in die Gaza-strook aan te spreek. Die resolusie vra onder…
11 Dec 1AM 1 min