Windhoek-skou as sukses bestempel

--:--
Die Windhoek-skou het die naweek afgesluit en daar was berigte dat dit swak bygewoon was. Harald Schmidt, die hoof uitvoerende beampte van die Windhoek Skou-vereniging sê die eerste paar dae was redelik stadig maar, namate mense hulle salarisse ontvang het, het getalle opgetel. Hy sê die laaste aantal dae het rekord bywoning gehad en hy bestempel die skou as ‘n sukses.
1 Oct 11PM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Unam gesels oor fooie, afsluiting en meer

Met die 2023 akademiese jaar wat tot 'n einde kom, maak tersiêre instellings ook gereed om die jaar af te sluit. Die Universiteit van Namibië sluit sy akademiese jaar op 15 Desember af en heropen in Januarie volgende jaar. Kosmos 94.1 Nuus het met Simon Namesho, die universiteit se woordvoerder,…
11 Dec 3AM 1 min

Inflasie sal in 2024 verhoog - ekonoom

Die jaarlikse inflasiekoers gedurende November vanjaar het op 5,7 persent gestaan, in vergelyking met 7 persent wat in November 2022 gesien is. Dit is volgens die Namibië Statistieke Agentskap se jongste verslag oor die Verbruikersprysindeks. Dit meld ook dat Namibië se jaarlikse inflasiekoers op 6 persent gestaan het vir Oktober…
11 Dec 2AM 1 min

WGO aanvaar resolusie oor hulp aan Gaza

Die direkteur-generaal vir die Wêreldgesondheidsorganisasie, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê die uitwerking van die konflik tussen Israel en Hamas op gesondheid is katastrofies. Die organisasie se uitvoerende raad het ‘n resolusie aanvaar wat daarop gemik is om die katastrofiese humanitêre situasie in die Gaza-strook aan te spreek. Die resolusie vra onder…
11 Dec 1AM 1 min

Handel spreek verskeie kwessies aan, ook ekonomiese sones

Die handel-ministerie gaan openbare konsultasies hou oor die Wetsontwerp op Spesiale Ekonomiese Sones, die nasionale informele ekonomie, die beginners- en entrepreneurskap ontwikkelingsbeleid, die Namibië beleggingsbevordering en fasilitering regulasies en die nasionale verkoeling-strategie. Die ministerie is verder besig met die ontwikkeling van die nasionale beleid oor die informele ekonomie, beginner-besighede en…
11 Dec 12AM 1 min

Afrigter tevrede met Blitsbokke se vertoning

ie Springbok-sewesafrigter, Sandile Ngcobo, sê hy is tevrede met sy span se algehele vertoning in die Kaapstad-afdeling van die Wêreld-sewesreeks. Die Blitsbokke, wat verlede week weer as Dubai-kampioen uit die stryd getree het, het in Kaapstad met 31-7 teen Nieu-Seeland verloor in die stryd om die vyfde plek. Argentinië het…
11 Dec 12AM 1 min