Kaapstad sal nie vandag deur EEF-protes afgesluit word nie

--:--
Die Stad Kaapstad sê daar is nie vandag 'n afsluiting in die metro vanweë die beplande EFF-opmars nie. Die party het aansoek gedoen vir 'n vreedsame protesoptog met voorwaardes, insluitend weerhouding van intimidasie van munisipale werkers, uitbly uit die Ndabeni-skut en om taxi's van die optog uit te sluit. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê sommige ander politieke partye en burgerlike organisasies gaan hulle by die opmars aansluit. Dit is tot 'n duisend betogers beperk:
2 Oct 12AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

2024: Verkiesingskommissie kom nog aan

Die verkiesing vind volgende jaar plaas en daar word van kiesers verwag om hulle te vergewis van kiesersopvoeding, wat sal handel oor inligting oor die grondwet, die kieswet en die belangrikheid om betrokke te raak by die demokratiese proses, sowel as die vereistes om te stem. Alhoewel die skedule vir…
9 Dec 3AM 1 min

Belinda vat haar tweede solo Desert Dash

Die Namibiese vroue-fietsryer Belinda van Rhyn het haar tweede Desert Dash ingepalm. Sy het, nes verlede jaar, die vroue solo-kategorie gewen. Tara van Eck van Kosmos 94.1 het haar voorgekeer by die wenstreep maar, sy was uiters uitgeput.
9 Dec 2AM 1 min

16 dae: Skuilings is toe, geweld duur voort

Die 16 dae van aktivisme teen geslagsgeweld kom môre tot ‘n einde te midde van voortdurende uitdagings. Plaaslike mediaberigte sê nie een van die agt skuilings vir slagoffers daarvan in staatsbesit is in werking nie. Dit is glo weens 'n gebrek aan personeel. Kosmos 94.1 Nuus het met die ombudsman,…
9 Dec 1AM 1 min

DA verwerp Marokane se Eskom-aanstelling

Die DA het die besluit van Eskom verwerp om die aanstelling van Dan Marokane, die voormalige bedryfshoof van die sukkelende suikerprodusent, Tongaat Hulett, as die nuwe bedryfshoof van Eskom te bevestig. Mimmy Gondwe van die DA sê ná die minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, byna ‘n jaar die aanstellingsproses…
9 Dec 1AM 1 min

Konny Looser vat (weer) die Dash

Die Switser Konny Looser het die 19de Nedbank Desert Dash gewen in die mans solo kategorie. Hy is net voor half-ses oor die wenstreep by Platz Am Meer op Swakopmund. Dit is Looser se sesde Dash-oorwinning. Tara van Eck van Kosmos 94.1 was by die wenstreep toe Looser aankom.
8 Dec 11PM 1 min