Verhoging in winsmarge vir vulstasies help nie veel in die noorde nie

--:--
Vulstasie-eienaars verwelkom die verhoging in winsmarges wat deur die ministerie van myne en energie aangekondig is. Die marge vir vulstasie-eienaars is verhoog met ‘n verdere 20 sent na 1 dollar 83. Die industrie het verlede jaar 50 sent ontvang. Terwyl die bedryf in verskeie dele van die land voordeel sal trek, is dit nie goeie nuus in die noorde nie. Jafet Nakanue wat so 'n besigheid in die noorde bedryf sê mense koop steeds die goedkoper Angolese brandstof, of maak in die buurland vol. Hy sê dit is die kwessie wat aangespreek moet word.
2 Oct 12AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

KFC help om kinders kos te gee

Die wêreldwye kitskos-reus KFC het kragte saamgesnoer met die hulporganisasie Gift of the Givers om pogings uit te brei om meer kinders oor die feestyd van kos te voorsien. Suid-Afrikaners kan twee Suid-Afrikaanse rand bydra tot die Add Hope-program, en KFC onderneem om die bedrag wat aan die einde van…
3 Dec 6AM 1 min

SA ekonomie 'in haglike toestand'

'n Onlangse verslag deur navorsers by die Harvard Growth Lab dui aan dat die Suid-Afrikaanse ekonomie in 'n haglike toestand is. Die gevolge van ineenstortende staatskapasiteit word gevoel in alle bedrywe, insluitend elektrisiteit, spoorweë, hawens en water, sowel as in die verskaffing van sekuriteit en die funksionering van munisipale regerings…
3 Dec 5AM 1 min

Basiese inkomste toelaag na staande komitee verwys

'n Universele basiese inkomste toelaag is wetenskaplik bekragtig deur 164 loodsstudies wêreldwyd – insluitend die 2008-2009 Otjivero-loodsstudie, die eerste van sy soort in die wêreld – as die mees kostedoeltreffende manier om armoede, ongelykheid en werkloosheid aan te pak. Namibië het egter steeds nie so 'n toelaag nie. Die aangeleentheid…
3 Dec 4AM 1 min