Ryderbeker: Europa maak korte mette van die VSA

--:--
Amerika sal nog vier jaar moet wag vir 'n kans om die Ryderbeker in Europa te verower na sy aanslag gister in 'n baie warm Rome in die wiele gery is. Europa het 16 en-'n -half teen 11 en - 'n-half gewen na hulle Vrydag die eerste dag se spel oorheers en Saterdag hulle voorsprong in die vierbal vergroot het. Sondag het Europa slegs vier punte nodig gehad vir 'n oorwinning, en Victor Hovland, Jan Rahm en Rory McIlroy het oorwinnings behaal. McIlroy was verheug oor die uitslag:
2 Oct 1AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

KFC help om kinders kos te gee

Die wêreldwye kitskos-reus KFC het kragte saamgesnoer met die hulporganisasie Gift of the Givers om pogings uit te brei om meer kinders oor die feestyd van kos te voorsien. Suid-Afrikaners kan twee Suid-Afrikaanse rand bydra tot die Add Hope-program, en KFC onderneem om die bedrag wat aan die einde van…
3 Dec 6AM 1 min

SA ekonomie 'in haglike toestand'

'n Onlangse verslag deur navorsers by die Harvard Growth Lab dui aan dat die Suid-Afrikaanse ekonomie in 'n haglike toestand is. Die gevolge van ineenstortende staatskapasiteit word gevoel in alle bedrywe, insluitend elektrisiteit, spoorweë, hawens en water, sowel as in die verskaffing van sekuriteit en die funksionering van munisipale regerings…
3 Dec 5AM 1 min

Basiese inkomste toelaag na staande komitee verwys

'n Universele basiese inkomste toelaag is wetenskaplik bekragtig deur 164 loodsstudies wêreldwyd – insluitend die 2008-2009 Otjivero-loodsstudie, die eerste van sy soort in die wêreld – as die mees kostedoeltreffende manier om armoede, ongelykheid en werkloosheid aan te pak. Namibië het egter steeds nie so 'n toelaag nie. Die aangeleentheid…
3 Dec 4AM 1 min