Mapimpi se wêreldbeker seker verby

--:--
Die Springbok-vleuel Makazole Mapimpi het sy wangbeen gekraak tydens gisteraand se Wêreldbeker-kragmeting met Tonga. Die Bokke het die Groep B-wedstryd in Marseilles 49-18 gewen. Afrigter Jacques Nienaber sê Mapimpi ondergaan spesialis-skanderings om vas te stel hoe ernstig die besering is. Nienaber is baie tevrede met die Wêreldbeker-wenner en losskakel Handré Pollard wie se skopvernuf foutloos was nadat hy ná ʼn besering die eerste keer weer kon uitdraf. Nienaber was beïndruk met die manier waarop Pollard moeiteloos by die span ingeskakel het:
2 Oct 2AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Ministerie sê oor eksamenuitslae

Die vakansieseisoen het aangebreek vir leerders, by beide hoërskole en laerskole, en hulle het reeds hul rapportkaarte gekry. Die nuwe skooljaar begin amptelik vir onderwysers op die 11de Januarie, terwyl leerders op die 15de Januarie sal begin. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Sanet Steenkamp, die uitvoerende direkteur by die…
11 Dec 4AM 1 min

NSA gesels oor sterftes in Namibië

Die verslag oor sterftes en die oorsake daarvan deur die Namibië Statistiek-agentskap gee die statistieke vir die jare 2018 tot 2021. Die verslag is gebaseer op sterftedata wat ingesamel is deur die Namibiese siviele registrasiestelsel wat deur die binnelandse sake-ministerie onderhou word. Kosmos 94.1 Nuus het met die NSA se…
11 Dec 3AM 1 min

Unam gesels oor fooie, afsluiting en meer

Met die 2023 akademiese jaar wat tot 'n einde kom, maak tersiêre instellings ook gereed om die jaar af te sluit. Die Universiteit van Namibië sluit sy akademiese jaar op 15 Desember af en heropen in Januarie volgende jaar. Kosmos 94.1 Nuus het met Simon Namesho, die universiteit se woordvoerder,…
11 Dec 3AM 1 min

Inflasie sal in 2024 verhoog - ekonoom

Die jaarlikse inflasiekoers gedurende November vanjaar het op 5,7 persent gestaan, in vergelyking met 7 persent wat in November 2022 gesien is. Dit is volgens die Namibië Statistieke Agentskap se jongste verslag oor die Verbruikersprysindeks. Dit meld ook dat Namibië se jaarlikse inflasiekoers op 6 persent gestaan het vir Oktober…
11 Dec 2AM 1 min