DA verwerp Marokane se Eskom-aanstelling

--:--
Die DA het die besluit van Eskom verwerp om die aanstelling van Dan Marokane, die voormalige bedryfshoof van die sukkelende suikerprodusent, Tongaat Hulett, as die nuwe bedryfshoof van Eskom te bevestig. Mimmy Gondwe van die DA sê ná die minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, byna ‘n jaar die aanstellingsproses vertraag het, is die beste waarmee die ANC vorendag kon kom om ‘n oud-Eskom-hoof weer aan te stel, die status quo te handhaaf en die land in die ystergreep van beurtkrag te laat:
9 Dec 2023 1AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Hamas verkrag sommige gyselaars: VN

Daar is onweerlegbare bewyse dat sommige vroue en kinders wat Hamas as gyselaars aanhou, verkrag en seksueel aangerand word. Dit is volgens 'n verslag van die Verenigde Nasies. Hamas het die suide van Israel op 7 Oktober verlede jaar ingeval en sowat een-duisend-200 mense gedood en 253 gyselaar geneem. Israel…
5 Mar 7AM 1 min

VF-plus skiet Johannesburg-begroting af

Die Vryheidsfront Plus sê hy ondersteun nie die Johannesburg-metro se 2023/2024-aanpassingsbegroting nie. Volgens die begroting moet die begrotingsoorskot, voor kapitaaltoelaes en -bydraes, van 2 miljard tot 1,1-miljard Suid-Afrikaanse rand verminder word. Cor Boer van die Vryheidsfront Plus sê die voorgestelde aanpassingsbegroting weerspieël nie die haglike finansiële situasie waarin die metro…
5 Mar 7AM 1 min

KI maak skelmstreke maklik vir kuberkrakers

Salt Essentials IT bied inligtingsessies oor die verskillende soorte uitvissing-aanvalle aan om die publiek in te lig. Kunsmatige intelligensie-tegnologie is besig om uitvissing te revolusioneer, wat kubermisdadigers in staat stel om oortuigende e-posse te skep. KI se vermoë om wettige korrespondensie na te boots maak hierdie e-posse uitdagend om te…
5 Mar 7AM 1 min

Geslagsgeweld: Klem moet op trauma wees, nie sake nie

Twee vroue het volgens die polisie se misdaadverslag deurgeloop onder hulle kêrels, teen wie hulle reeds talle klagte van aanranding gelê het. Hulle het egter die klagte teruggetrek en een, van Okombahe, is nou in die lykshuis en die ander, van Swakopmund, lê in die hospitaal met steekwonde regoor haar…
5 Mar 6AM 1 min

Opera-aand op Internasionale Vrouedag

Internasionale Vrouedag word op die 8ste Maart gevier, en die Franco Namibiese Kultuursentrum en die Nasionale Teater van Namibië nooi die publiek na ’n opera-aand saam met die Ndjiki Ono-duo. Die duo bestaan uit die pianis Kaoli Ono en operasangeres Cyrielle Ndjiki Nya. Hulle sal op Vrydag, 8 Maart om…
5 Mar 6AM 1 min