16 dae: Skuilings is toe, geweld duur voort

--:--
Die 16 dae van aktivisme teen geslagsgeweld kom môre tot ‘n einde te midde van voortdurende uitdagings. Plaaslike mediaberigte sê nie een van die agt skuilings vir slagoffers daarvan in staatsbesit is in werking nie. Dit is glo weens 'n gebrek aan personeel. Kosmos 94.1 Nuus het met die ombudsman, Basilius Dyakugha, gepraat oor die skuilings. Hy sê die regering het goeie werk gedoen in terme van die aanspreek van geslagsgeweld, en dit is die regering se plig om die skuilings te ondersteun, maar mens hoor niks daarvan nie.
9 Dec 2023 1AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Hamas verkrag sommige gyselaars: VN

Daar is onweerlegbare bewyse dat sommige vroue en kinders wat Hamas as gyselaars aanhou, verkrag en seksueel aangerand word. Dit is volgens 'n verslag van die Verenigde Nasies. Hamas het die suide van Israel op 7 Oktober verlede jaar ingeval en sowat een-duisend-200 mense gedood en 253 gyselaar geneem. Israel…
5 Mar 7AM 1 min

VF-plus skiet Johannesburg-begroting af

Die Vryheidsfront Plus sê hy ondersteun nie die Johannesburg-metro se 2023/2024-aanpassingsbegroting nie. Volgens die begroting moet die begrotingsoorskot, voor kapitaaltoelaes en -bydraes, van 2 miljard tot 1,1-miljard Suid-Afrikaanse rand verminder word. Cor Boer van die Vryheidsfront Plus sê die voorgestelde aanpassingsbegroting weerspieël nie die haglike finansiële situasie waarin die metro…
5 Mar 7AM 1 min

KI maak skelmstreke maklik vir kuberkrakers

Salt Essentials IT bied inligtingsessies oor die verskillende soorte uitvissing-aanvalle aan om die publiek in te lig. Kunsmatige intelligensie-tegnologie is besig om uitvissing te revolusioneer, wat kubermisdadigers in staat stel om oortuigende e-posse te skep. KI se vermoë om wettige korrespondensie na te boots maak hierdie e-posse uitdagend om te…
5 Mar 7AM 1 min

Geslagsgeweld: Klem moet op trauma wees, nie sake nie

Twee vroue het volgens die polisie se misdaadverslag deurgeloop onder hulle kêrels, teen wie hulle reeds talle klagte van aanranding gelê het. Hulle het egter die klagte teruggetrek en een, van Okombahe, is nou in die lykshuis en die ander, van Swakopmund, lê in die hospitaal met steekwonde regoor haar…
5 Mar 6AM 1 min

Opera-aand op Internasionale Vrouedag

Internasionale Vrouedag word op die 8ste Maart gevier, en die Franco Namibiese Kultuursentrum en die Nasionale Teater van Namibië nooi die publiek na ’n opera-aand saam met die Ndjiki Ono-duo. Die duo bestaan uit die pianis Kaoli Ono en operasangeres Cyrielle Ndjiki Nya. Hulle sal op Vrydag, 8 Maart om…
5 Mar 6AM 1 min