Belinda vat haar tweede solo Desert Dash

--:--
Die Namibiese vroue-fietsryer Belinda van Rhyn het haar tweede Desert Dash ingepalm. Sy het, nes verlede jaar, die vroue solo-kategorie gewen. Tara van Eck van Kosmos 94.1 het haar voorgekeer by die wenstreep maar, sy was uiters uitgeput.
9 Dec 2023 2AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Google, Meta 'moet aanspreeklik gehou word vir nuusinhoud'

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum vra die Mededingingskommissie om groot maatskappye soos Google en Meta te dwing om strenger reëls vir die uitgee en verspreiding van nuusinhoud in te stel. Die forum het 'n voorlegging gedoen aan die kommissie se markondersoek oor media- en digitale platforms in Pretoria. Die direkteur van…
5 Mar 8AM 1 min

Handboekbeleid kon nie genoeg handboeke in skole kry nie

Die Namibiese Handboekbeleid van 2014 het ten doel gehad om 'n handboek-tot-leerling-verhouding van 1:1 vir kernvakke te bereik. Die onderwys-ministerie het hom nege jaar gelede daartoe verbind om hierdie verhouding te bereik. Die Handboekbeleid verskaf riglyne oor onder meer produksie, publikasie, verkryging, aflewering en versorging van handboeke en ander leer-ondersteuningsmateriaal…
5 Mar 8AM 1 min

Hamas verkrag sommige gyselaars: VN

Daar is onweerlegbare bewyse dat sommige vroue en kinders wat Hamas as gyselaars aanhou, verkrag en seksueel aangerand word. Dit is volgens 'n verslag van die Verenigde Nasies. Hamas het die suide van Israel op 7 Oktober verlede jaar ingeval en sowat een-duisend-200 mense gedood en 253 gyselaar geneem. Israel…
5 Mar 7AM 1 min

VF-plus skiet Johannesburg-begroting af

Die Vryheidsfront Plus sê hy ondersteun nie die Johannesburg-metro se 2023/2024-aanpassingsbegroting nie. Volgens die begroting moet die begrotingsoorskot, voor kapitaaltoelaes en -bydraes, van 2 miljard tot 1,1-miljard Suid-Afrikaanse rand verminder word. Cor Boer van die Vryheidsfront Plus sê die voorgestelde aanpassingsbegroting weerspieël nie die haglike finansiële situasie waarin die metro…
5 Mar 7AM 1 min

KI maak skelmstreke maklik vir kuberkrakers

Salt Essentials IT bied inligtingsessies oor die verskillende soorte uitvissing-aanvalle aan om die publiek in te lig. Kunsmatige intelligensie-tegnologie is besig om uitvissing te revolusioneer, wat kubermisdadigers in staat stel om oortuigende e-posse te skep. KI se vermoë om wettige korrespondensie na te boots maak hierdie e-posse uitdagend om te…
5 Mar 7AM 1 min