Unam gesels oor fooie, afsluiting en meer

--:--
Met die 2023 akademiese jaar wat tot 'n einde kom, maak tersiêre instellings ook gereed om die jaar af te sluit. Die Universiteit van Namibië sluit sy akademiese jaar op 15 Desember af en heropen in Januarie volgende jaar. Kosmos 94.1 Nuus het met Simon Namesho, die universiteit se woordvoerder, gepraat wat meer inligting oor koshuisfooie vir volgende jaar verskaf.
11 Dec 2023 3AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Kenners sien reikhalsend uit na sensus-data

Daar is groot opgewondenheid onder kenners vir die data van die jongste sensus wat op 13 Maart bekend sal wees. Die Nambiese Statistieke-agentskap het die aankondiging gemaak. Die inligting is uiters belangrik om beplanning en ontwikkeling te formuleer, veral met die laaste syfers wat uit 2011 dateer. Jason Kasuto van…
4 Mar 11AM 1 min

Verstappen, Red Bull wil F1-oorheersing voortsit

Motorsport: Die heersende Formule 1 wêreldkampioen, Max Verstappen, sê hy is bly dat hy dié seisoen met 'n oorwinning kon afskop. Die Red Bull-jaer het voortgegaan waar hy verlede seisoen opgehou het, toe hy die voorste wegspringposisie in 'n wedren-oorwinning kon omskep in die Bahreinse Grand Prix. Sy spanmaat, Sergio…
4 Mar 11AM 1 min

NamRA toegewyd daaraan om dwelms uit te hou

'n 51-jarige Namibiese man het in die Karasburg-landdroshof verskyn nadat Mandrax-tablette ter waarde van net meer as 1,9 miljoen Namibiese dollar deur doeane-beamptes in sy vragmotor gekry is. Hy is by die Ariamsvlei grenspos in hegtenis geneem. Die saak is uitgestel tot 16 Mei. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met…
4 Mar 10AM 1 min

Vroeë geboortes hoofoorsaak van kindersterftes

'n Senior lektor aan die Universiteit van die Wes-Kaap, Doktor Mary Kinney sê meer as 13-miljoen babas word elke jaar te vroeg gebore, wat hul risiko van geboorte-defekte verhoog. Wêreldwyd word daar elke twee sekondes 'n baba te vroeg gebore, en elke 40 sekondes sterf een van hierdie babas. Kinney…
4 Mar 10AM 1 min

Okahandja, kom na strategiese plan se bekendstelling!

Die Okahandja Munisipaliteit nooi die publiek uit na die bekendstelling van die Strategiese Plan vir 2024-2029. Die munisipaliteit is besig om die Okahandja Strategiese Besigheidsmodel te finaliseer, wat 'n nuwe strategiese rigting sal skep om die lewensomstandighede en standaarde van alle inwoners en beleggers te verbeter. Die dokument sal amptelik…
4 Mar 10AM 1 min