Meer vroue moet by sportkodes ingesluit word
Loading player...
Die jaarlikse Afrika-unie Sportraad Streek 5 se Minister-raadsvergadering is tans in Windhoek aan die gang, met afgevaardigdes van die 10 Afrika-lidlande. Die tema vanjaar is " 'n Progressiewe inklusiewe presterende streek". By die geleentheid het sportminister Agnes Tjongarero, die voorsitter van die raad, die belangrikheid beklemtoon dat meer vroue in verskeie sportkodes ingesluit moet word.