Minimumloon 'het 430 000 werke vernietig'

Loading player...
Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê die nasionale minimum loon het 'n geraamde 430 000 werksgeleenthede vernietig sedert dit in 2019 ingestel is. Die organisasie versoek die Minimumloonkommissie om die loon met 25-persent te sny, wat hy glo tot 'n half-miljoen werksgeleenthede kan terugbring. Woordvoerder Gabriel Crouse sê 39-persent van werkers verdien nou minder as die minimum loon en waarsku dat die voorgestelde verhoging werkloosheid sal vererger.
20 Jan 11AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Airbnb: Is jy geregistreer?

Die Namibië Toerismeraad het 'n streng waarskuwing aan ongeregistreerde akkommodasieverskaffers gerig wat deur platforms soos Airbnb sake doen dat hulle moet voldoen aan die Wet op die Namibië Toerismeraad. Volgens hierdie wet moet enigiemand wat 'n akkommodasie-onderneming wil bedryf by die raad registreer voor hulle dit mag doen. Airbnb-operateurs moet…
14 Feb 3AM 1 min

Swinton looi politieke ekstremisme

Die Oscar-bekroonde aktrise, Tilda Swinton, het die Berlynse filmfees se Goue Beer-toekenning vir haar lewenslange bydrae ontvang. Sy het byna vier dekades lank ʼn noue verbintenis met die fees gehad en hoofrolle vertolk in 26 flieks wat die fees se lys gehaal het. Vanjaar se fees het Donderdag afgeskop met…
14 Feb 3AM 1 min

Ongebruikte vee brandmerke word einde April gekanselleer

Die Namibië vee-identifikasie en naspeurbaarheid-stelsel, of NamLITS, se kantoor in die Direktoraat Veeartsenydienste het veeboere en die publiek in kennis gestel van die kansellasie van alle ongebruikte brandmerke teen 30 April. Indien veehandelsmerke aktief of funksioneel gehou wil word, moet die naaste Staatsveeartsenykantoor of die Lewendehawe- en Lewendehaweprodukteraad besoek word…
14 Feb 2AM 1 min

GOOD sê Kaapse regering misluk met bendegeweld

Die GOOD-party sê die DA-geleide regering in die Wes-Kaap misluk met die aanspreek van die kultuur van bendes op die Kaapse Vlakte. Sewe mense is dié week binne die bestek van twaalf uur doodgeskiet in afsonderlike voorvalle in Kaapstad, wat vermoedelik met bendes verband hou. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett…
14 Feb 2AM 1 min

Geen kommer oor Trump in Oekraïne nie

Amerikaanse president Donald Trump se aanslag in die Oekraïne word as pro-Russies beskryf maar, daar is nie werklike kommer onder die Kiëf-regering nie. Sviatoslav Yurash, ‘n parlementslid in die Oekraïne het met Sky News gepraat. Hy sê hy is bemoedig. Trump was die een wat hulle ondersteun het voor Rusland…
14 Feb 1AM 1 min