
Swinton looi politieke ekstremisme
Loading player...
Die Oscar-bekroonde aktrise, Tilda Swinton, het die Berlynse filmfees se Goue Beer-toekenning vir haar lewenslange bydrae ontvang. Sy het byna vier dekades lank ʼn noue verbintenis met die fees gehad en hoofrolle vertolk in 26 flieks wat die fees se lys gehaal het. Vanjaar se fees het Donderdag afgeskop met die wêreld-première van The Light. Dis die verhaal van ʼn disfunksionele Duitse gesin en ʼn Siriese vlugteling. Swinton het in haar toespraak kritiek gelewer op politieke ekstremisme, die verval van die omgewing en die wêreldwye toename in outoritêre regerings: