Instituut vir Rasseverhoudinge loods #WhatSACanBe-belofte

Loading player...
Die Instituut vir Rasseverhoudinge het die #WhatSACanBe-belofte bekendgestel. Dit is 'n nasionale oproep tot aksie om ekonomiese vryheid, nie-rassigheid en welvaart in Suid-Afrika te bevorder. Hermann Pretorius van die Instituut sê aangesien die land verstrengel is in 'n siklus van ekonomiese verval, regering wat misluk, en stygende werkloosheid, steek die intituut sy hand op met 'n praktiese, groei-gerigte bloudruk om Suid-Afrika se toekoms terug te vat.
17 Mar 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Landbouministerie sit koppe bymekaar vir nuwe plan

Die landbouministerie hou vandag sy strategiese beplanningswerksessie aan die kus. Die verkrygingsplanne en die prestasie van die ministerie sal onder andere beoordeel word en ‘n plan, wat tot 2031 sal duur, sal saamgestel word. Adjunkminister Ruth Masake het die afgevaardigdes toegespreek.
22 Apr 7AM 1 min

Kleinfontein, Orania 'misbruik dalk grondwet'

Die MK-party glo die gemeenskap van Kleinfontein naby Pretoria probeer nog ʼn Afrikaner-enklawe soos Orania skep. Die party onder leiding van hoofsweep Mzwanele Manyi het die Afrikaner-nedersetting Maandag as deel van ʼn feitesending besoek. Die Hooggeregshof in Pretoria het Kleinfontein verlede jaar volgens die Stad Tshwane se munisipale soneringsregulasies onwettig…
22 Apr 7AM 1 min

Taal-herrie: Ouers ruk op na Auas-laerskool

Aktivis Shaun Gariseb het vanoggend ‘n protes by die Auas-laerskool in Dolam in die hoofstad gelei. Hy eis die afdanking van die skoolhoof Toini Nauyoma met aantygings dat daar pogings is om Khoekhoegowab te verwyder. Maar, daar is ook blykbaar wangedrag en onregverdige praktyke met aanstellings by die skool.
22 Apr 5AM 1 min

Hegseth se dae is getel, meen Bolton

Die voormalige nasionale sekuriteitsadviseur John Bolton sê die Amerikaanse verdedigingsminister Pete Hegseth se tyd is min. Dit kom ná berigte dat meer militêre aanvalbesonderhede deur hom gedeel is in nog 'n groepsgesprek op Signal. Die groep het Hegseth se vrou, broer en persoonlike prokureur ingesluit, waar Hegseth inligting oor lugaanvalle…
22 Apr 5AM 1 min