FNB, ASBN-alliansie wil globale handelsbande versterk

Loading player...
FNB Namibia het 'n strategiese alliansie met die Africa Scotland Business Network van stapel gestuur om korporatiewe groei en internasionale samewerking te bevorder. Die samewerking het ten doel om nuwe ekonomiese geleenthede vir Namibië oop te maak en ook globale handelsbande te versterk. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Kirsty Watermeyer, FNB se kommunikasies-bestuurder, wat uitbrei.
17 Mar 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Masemola bevestig oorskot is drie konstabels

Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, het bevestig dat drie van die vyf liggame wat uit die Hennopsrivier in Centurion, Pretoria, gehaal is, dié van die konstabels is wat verlede Woensdag vermis geraak het. Konstabels Linda Cebekhulu, Keamogetswe Buys en Boipelo Senoge het verdwyn terwyl hulle van Bloemfontein na hul ontplooiingsgebied…
30 Apr 1AM 1 min

Trump sê hy begin nou eers

Die Amerikaanse president Donald Trump sê wat die wêreld die afgelope 14 weke gesien het, is 'n rewolusie van gesonde verstand. Hy het Woensdag sy 100ste dag in die amp gevier met 'n veldtogstyl-saamtrek in Michigan. Volgens Gallup is Trump die enigste president na die Tweede Wêreldoorlog met minder as…
30 Apr 1AM 1 min

Geregshof hoor van Israel se oortredings

Algerië sê Israel se verbod op die Verenigde Nasies se agentskap vir Palestynse vlugtelinge, UNRWA, is ’n aanval op die hede en toekoms van die Palestynse volk. By die Internasionale Geregshof in Den Haag het Maya Sahli Fadel van Algerië gesê dié optrede skend internasionale reg en bevorder dubbele standaarde…
30 Apr 12AM 1 min

Appollis het nie gebieg in Joslin-saak nie

Advokaat Fanie Harmse, wat Jacquen Appollis in die Joslin Smith-verhoor verdedig, hou vol sy kliënt het nooit betrokkenheid of gelduitruiling erken nie, in teenstelling met Laurentia Lombaard se getuienis. Staatsaanklaer Zelda Swanepoel het in haar slotargumente in die Wes-Kaapse Hooggeregshof beweer Joslin se ma, Kelly, het vir Appollis gesê sy…
30 Apr 12AM 1 min