Tshwane spesiale ekonomiese sone vorder goed

Loading player...
ActionSA in Tshwane sê hy ondersteun werkskepping in die metro en wil seker maak daar is bekostigbare behuising naby ekonomiese geleenthede. Volgens November 2024 se maandelikse vorderingsverslag vir Tshwane se spesiale ekonomiese sone vir voertuigvervaardiging, is 5 538 konstruksie-poste geskep waarvan 3 702 volgens berigte vir inwoners is. Henriette Frohlich van ActionSA sê tot op hede het die sone 11 beleggers vir fase 1 en fase 1A gelok.
17 Mar 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Venaani het sy mes in vir August 26

Reaksie word ontvang op die begroting van die verdedigingsministerie. Lynminister Frans Kapofi het meer geld vanjaar ontvang, op van net meer as 6,8 miljard Namibiese dollar verlede jaar tot meer as 7,4 miljard dollar vanjaar. PDM-leier McHenry Venaani, wat reeds ‘n geruime tyd eis dat August 26 se ouditverslae bekend…
30 Apr 7AM 1 min

Drama toe wakker bestuurder transitorowers fnuik

'n Transitorooftog in Umlazi, suid van Durban is dramaties gefnuik, nadat 'n bestuurder die gewapende rowers ontduik het deur by die Mega City-winkelsentrum in te ry. Die voertuig is op die N2-snelweg in 'n lokval gelei. 'n Woordvoerder van A-L-S Paramedici, Garrith Jamieson, sê die bestuurder het vinnig gereageer en…
30 Apr 7AM 1 min

DA sleep Meth hof toe oor raskwotas

Die DA sê hy gaan die minister van Indiensneming en Arbeid, Nomakhosazana Meth, hof toe vat oor die nuut-ingestelde rasgebaseerde kwotas in die Wysigingswet op Gelyke Indiensneming. Die party voer aan dit skend grondwetlike regte en gee Meth te veel onbeheerde mag. Die saak sal volgende week in die Hooggeregshof…
30 Apr 5AM 1 min

Guterres waarsku oor ineenstorting van tweestaat oplossing

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, waarsku dat die belofte van 'n tweestaat-oplossing vir Israel en Palestina naby ineenstorting is. Gevegte duur voort in Gaza, met Israel wat sy grond- en lugoperasies oor die enklawe verskerp het in 'n poging om Hamas uit te roei. Byna 2 000 Palestyne…
30 Apr 5AM 1 min

Moedertaalonderrig in die soeklig

Die aktivis Shaun Gariseb en gemeenskapslede het 'n veldtog van stapel gestuur om moedertaalonderwys te bevorder, beginnende met Khoekhoegowab-sprekende gemeenskappe voor die skoolregistrasies in Mei tot Junie. Hulle het in Groot Aub afgeskop en sal hul pogings saam met taalkundiges en onderwysers uitbrei. Navorsing toon dat Khoekhoegowab Namibië se tweede…
30 Apr 5AM 1 min