NamPol soek steeds inligting oor babalykie in Ongwediva-asdrom

Loading player...
Die Oshana-polisie het vroeër ‘n beroep op die publiek gedoen om die ma van ‘n pasgebore baba wat in ‘n asdrom naby selfsorg-woonstelle in Ongwediva gevind is, op te spoor. ‘n Moord-dossier is geopen maar die polisie het die publiek se hulp nodig. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met NamPol Oshana streekbevelvoerder, Kommissaris Naftal Sakaria, wat meer inligting gee.
17 Mar 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Geregshof hoor van Israel se oortredings

Algerië sê Israel se verbod op die Verenigde Nasies se agentskap vir Palestynse vlugtelinge, UNRWA, is ’n aanval op die hede en toekoms van die Palestynse volk. By die Internasionale Geregshof in Den Haag het Maya Sahli Fadel van Algerië gesê dié optrede skend internasionale reg en bevorder dubbele standaarde…
30 Apr 12AM 1 min

Appollis het nie gebieg in Joslin-saak nie

Advokaat Fanie Harmse, wat Jacquen Appollis in die Joslin Smith-verhoor verdedig, hou vol sy kliënt het nooit betrokkenheid of gelduitruiling erken nie, in teenstelling met Laurentia Lombaard se getuienis. Staatsaanklaer Zelda Swanepoel het in haar slotargumente in die Wes-Kaapse Hooggeregshof beweer Joslin se ma, Kelly, het vir Appollis gesê sy…
30 Apr 12AM 1 min

Menstruasie-armoede weer in die nuus

Die finansministerie het die laaste paar jaar pogings aangewend om die burgerlike samelewing te betrek om hul verwagtinge van begrotingsprioriteite te verstaan. Een van die belangrikste probleme wat geopper is, is die koste van sanitêre produkte. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Girl Up Namibia se president, Joy Kapepo.
30 Apr 12AM 1 min

Novel Ford gee wiele aan NRU

Novel Ford het die Namibiese Rugby-unie met voertuie voorsien in ‘n borgskap van 2,5 miljoen Namibiese dollar. Die voertuie sal die uitvoerende bestuur van die NRU bedien insluitend John Heynes, die uitvoerende hoof, Jacques Burger, die direkteur en die NRU se adjunkpresident Johan Diergaardt. Daar word verwag dat Burger verskeie…
30 Apr 12AM 1 min