Jan Marais-gedenklesing

--:--
Met Ton Vosloo
Jannie Marais het 100 jaar gelede die stigting van Die Burger (en Naspers) moontlik gemaak deur die aankoop van ’n drukpers te borg. Die voormalige Victoria College (nou US) raadslid en Volksraadlid is egter dood voor die eerste koerant verskyn het. Met sy inkomste uit Kim- berley se diamantmyne het hy met Het Jan Marais Nationale Fonds duisende mense onder meer tersiêre onderwys laat ontvang en ’n filantropie begin wat vandag nog voortduur. En daar is steeds net een voorwaarde – dit moet Afrikaans ondersteun en bevorder.
14 Mar 2015 7AM Afrikaans South Africa News · Technology

Other recent episodes

Is God onsydig? Oor God en gender

Gespreksleier: Johan van der Merwe Met Louise du Toit, Laurie Gaum, Julie Claassens God is Vader, bely gelowiges. Die Bybel het in ’n patriargale samelewing tot stand gekom. In watter mate bepaal uitgediende, godsdienstig verskanste idees oor gender en verhoudings- rolle nog hoe ons samelewing vandag gedefinieer word? Is daar…
10 Mar 2015 8AM 53 min

Genadedood: moet ons dit wettig?

Ondersteun deur Edwin Hertzog en Mediclinic, Gesprekleier: Anton van Niekerk, Met Willem Landman, Etienne de Villiers Genadedood of geassisteerde dood is onwettig in Suid-Afrika, maar daar word toenemend, en uit verskeie oorde, aangevoer dat wetgewing sulke praktyke in Suid-Afrika moet begin moontlik maak
10 Mar 2015 5AM 47 min

Stellenbosch 2065: sterwend, steierend of innoverend?

Stellenbosch groei geweldig. Hoe moet dié verandering bestuur word om al die inwoners ten beste te dien? Kom luister na nuwe insigte en invalshoeke oor stedelike ontwerp in Stellenbosch, vir Stellenbosch.
12 Mar 2015 3AM 50 min

RUSSEL BOTMAN GESPREKSREEKS: Onderwys in Suid-Afrika:

Onderwys in Suid-Afrika: Lig aan die einde van die tonnel? Of ’n aankomende trein? Met selfs politici wat hul kinders na private skole stuur, moet ernstig gekyk word na staats- onderwys. Kan ons nog die skip omdraai, of is die skade selfs erger as dié van 1976?
10 Mar 2015 1PM 1 hr 01 min

RUSSEL BOTMAN DEBATREEKS: Grondhervorming

Grondhervorming: Is die regering, boere en gemeenskappe opgewasse vir die taak? Die groot boere boer vooruit, nuwe boere sukkel om hond haaraf te maak en bestaansboerderye spring op waar daar vroeër op ’n kommersiële skaal sake gedoen is. Met hierdie uiterstes as vertrekpunt maak die regering gereed vir grondhervorming. Hoe…
11 Mar 2015 1PM 1 hr 15 min