WANNEER HARE ‘MINCE’ ... EN KINDERS DROOM

--:--
Met: Riana Scheepers, Bianca Flanders
en Dale Blankenaar

Ure met die stryktang, saans met die
swirlkous, maar steeds mince jou hare
by die eerste teken van reën... Aktrise
Bianca Flanders het al as Lola, haar
alternatiewe verhoogpersoonlikheid,
mense laat skater met staaltjies oor
’n jong bruin vrou se verhouding met
haar hare. Sy vertel vir Riana Scheepers
hoekom sy Prinses Pampoenpit met
sy rebelse klein hoofkarakter juis ’n
prenteboek wou maak. Daarna vertel,
en hou die prenteboekillustreerder
Dale Blankenaar ’n video-vertoning oor
hoe prenteboeke letterlik “lewendig”
word op die eksotiese Nami-eiland. Dié
Koreaanse eiland word elke jaar tydens
Nami Councourse, die internasionale
prenteboek-illustreerderkompetisie,
in ’n kinderboek-fantasieparadys
omskep waar besoekers selfs tussen
3D-karakters uit die wenners se boeke
kan rondloop. Dale was een van 2019
se drie hoofwenners.
12 Mar 2020 9AM Afrikaans South Africa News · Government

Other recent episodes

DIE SEE SPOEG STORIES

Meg Vandermerwe, Kirby van der Merwe en Jolyn Phillips gesels met Thys Human Aangebied deur Penguin Random House en Human & Rousseau Die verbitterde kreefsmous Hendrik se ontdekking van ’n meermin op ’n verlate strand aan die Weskus is die begin van ’n anderse seerkry-liefdesverhaal in Meg Vandermerwe se Die…
13 Mar 2020 5AM 55 min

RONELDA KAMFER & NATHAN TRANTRAAL: TWEE DIGTERS TESAME

In gesprek met Louise Viljoen Aangebied deur Kwela Met Chinatown en Oo’log publiseer die Trantraals, Ronelda Kamfer en Nathan, vir die eerste keer (amper) saam. In hul onderskeie bundels ondersoek Ronelda geslagspolitiek, vrouemishandeling en die gebroke verhouding tussen ’n dogter en pa; en Nathan, oorlogvoering, ook in die persoonlike, intieme…
12 Mar 2020 8AM 56 min

REZA DE WET – TEATERPIONIER

Met: Temple Hauptfleisch, Marisa Keuris en Danie Stander; Dawid Minnaar en Susan Coetzer lees voor Aangebied deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, en Protea Boekhuis Reza de Wet was skaam dog vreesloos, ’n Vrystaatse dramaturg bekend vir haar ontginning van magie, illusie en seksualiteit. Temple Hauptfleisch en Marisa…
12 Mar 2020 5AM 26 min

MAGIESE MADAGASKAR

Met: Catherine du Toit, Naòmi Morgan en Johanna Steyn Aangebied deur die Agence Universitaire de la Francophonie ’n Geniale, maar haas onbekende digter van Madagaskar se poësie lei tot ’n grensverskuiwende, veeltalige vertaalprojek tussen Afrikaans, Engels en Frans, wat veral wys op die besondere affiniteit tussen Frans en Afrikaans. Catherine…
10 Mar 2020 8AM 51 min