REZA DE WET – TEATERPIONIER

--:--
Met: Temple Hauptfleisch, Marisa Keuris
en Danie Stander; Dawid Minnaar en
Susan Coetzer lees voor

Aangebied deur die SA Akademie vir
Wetenskap en Kuns, en Protea Boekhuis

Reza de Wet was skaam dog vreesloos,
’n Vrystaatse dramaturg bekend vir
haar ontginning van magie, illusie en
seksualiteit. Temple Hauptfleisch en
Marisa Keuris, samestellers van dié
huldigingsboek, en Danie Stander, wat
vir sy PhD wyd gesels het met mense
wat haar goed geken het, vertel meer
van dié merkwaardige kunstenaar. Susan
Coetzer en Dawid Minnaar lees voor uit
Diepe grond, die grensverskuiwende
verhoogstuk met Alba Bouwer se Stories
van Rivierplaas as vertrekpunt, waarin
hulle as jong akteurs die hoofrolle
gespeel het.
12 Mar 2020 5AM Afrikaans South Africa News · Government

Other recent episodes

DIE SEE SPOEG STORIES

Meg Vandermerwe, Kirby van der Merwe en Jolyn Phillips gesels met Thys Human Aangebied deur Penguin Random House en Human & Rousseau Die verbitterde kreefsmous Hendrik se ontdekking van ’n meermin op ’n verlate strand aan die Weskus is die begin van ’n anderse seerkry-liefdesverhaal in Meg Vandermerwe se Die…
13 Mar 2020 5AM 55 min

RONELDA KAMFER & NATHAN TRANTRAAL: TWEE DIGTERS TESAME

In gesprek met Louise Viljoen Aangebied deur Kwela Met Chinatown en Oo’log publiseer die Trantraals, Ronelda Kamfer en Nathan, vir die eerste keer (amper) saam. In hul onderskeie bundels ondersoek Ronelda geslagspolitiek, vrouemishandeling en die gebroke verhouding tussen ’n dogter en pa; en Nathan, oorlogvoering, ook in die persoonlike, intieme…
12 Mar 2020 8AM 56 min

MAGIESE MADAGASKAR

Met: Catherine du Toit, Naòmi Morgan en Johanna Steyn Aangebied deur die Agence Universitaire de la Francophonie ’n Geniale, maar haas onbekende digter van Madagaskar se poësie lei tot ’n grensverskuiwende, veeltalige vertaalprojek tussen Afrikaans, Engels en Frans, wat veral wys op die besondere affiniteit tussen Frans en Afrikaans. Catherine…
10 Mar 2020 8AM 51 min

MADAM & EVE – 25 YEARS LATER

Aangebied deur Jacana Media Ouma met haar jenewertjie, Kleinsus voor die TV en Eve wat kommentaar van agter die strykplank mompel... Ná meer as 25 jaar verruil die ikoniese Madam en Eve-strokie die koerant vir die rekenaarskerm. Maar hul papierboeke verskyn nog, en met hul jongste, The 4th Revolution, op die rak, vertel –…
9 Mar 2020 6AM 1 hr 02 min