DIE SEE SPOEG STORIES

--:--
Meg Vandermerwe, Kirby van der
Merwe en Jolyn Phillips gesels met
Thys Human

Aangebied deur Penguin Random House
en Human & Rousseau

Die verbitterde kreefsmous Hendrik se
ontdekking van ’n meermin op ’n verlate
strand aan die Weskus is die begin van
’n anderse seerkry-liefdesverhaal in
Meg Vandermerwe se Die vrou van die
klippesee, terwyl Jolyn die hartseer,
swaarkry, maar ook liefde en vasbyt
van Gansbaai se vissersgemeenskap
verwoord in die delikate Tjieng-tjang
tjerries. Saam in gesprek met Thys
Human is Kirby van der Merwe, wat
Meg se oorspronklik Engelse storie in
Weskus-Afrikaans laat lewe.
13 Mar 2020 5AM Afrikaans South Africa News · Government

Other recent episodes

RONELDA KAMFER & NATHAN TRANTRAAL: TWEE DIGTERS TESAME

In gesprek met Louise Viljoen Aangebied deur Kwela Met Chinatown en Oo’log publiseer die Trantraals, Ronelda Kamfer en Nathan, vir die eerste keer (amper) saam. In hul onderskeie bundels ondersoek Ronelda geslagspolitiek, vrouemishandeling en die gebroke verhouding tussen ’n dogter en pa; en Nathan, oorlogvoering, ook in die persoonlike, intieme…
12 Mar 2020 8AM 56 min

REZA DE WET – TEATERPIONIER

Met: Temple Hauptfleisch, Marisa Keuris en Danie Stander; Dawid Minnaar en Susan Coetzer lees voor Aangebied deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, en Protea Boekhuis Reza de Wet was skaam dog vreesloos, ’n Vrystaatse dramaturg bekend vir haar ontginning van magie, illusie en seksualiteit. Temple Hauptfleisch en Marisa…
12 Mar 2020 5AM 26 min

MAGIESE MADAGASKAR

Met: Catherine du Toit, Naòmi Morgan en Johanna Steyn Aangebied deur die Agence Universitaire de la Francophonie ’n Geniale, maar haas onbekende digter van Madagaskar se poësie lei tot ’n grensverskuiwende, veeltalige vertaalprojek tussen Afrikaans, Engels en Frans, wat veral wys op die besondere affiniteit tussen Frans en Afrikaans. Catherine…
10 Mar 2020 8AM 51 min

MADAM & EVE – 25 YEARS LATER

Aangebied deur Jacana Media Ouma met haar jenewertjie, Kleinsus voor die TV en Eve wat kommentaar van agter die strykplank mompel... Ná meer as 25 jaar verruil die ikoniese Madam en Eve-strokie die koerant vir die rekenaarskerm. Maar hul papierboeke verskyn nog, en met hul jongste, The 4th Revolution, op die rak, vertel –…
9 Mar 2020 6AM 1 hr 02 min