Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans Namibia News
4,001 Episodes
1 – 20

Nuwe SA party se basiese inkomste-plan sal R1,25 biljoen per jaar kos

Die nuutgestigte politieke party in die buurland, Basic Income Grant, sê sy universele basiese inkomste-plan sal die regering 1,25 000 miljard Suid-Afrikaanse rand per jaar kos om te implementeer. Die party het die naweek sy verkiesingsmanifes by die Orlando-gemeenskapsaal in Soweto bekendgestel. Die party neem slegs in Gauteng aan die…
13 May 12PM 1 min

Springbokke is massiewe uitdaging: nuwe Wallabies-afrigter

Rugby: Die nuwe Wallabies-afrigter Joe Schmidt berei voor vir sy eerste toetse aan die stuur. Die oud-afrigter van Ierland het Eddie Jones opgevolg, wat net twee van sy nege toetse kon wen en vir die eerste keer nie Australië na die Wêreldbeker-kwarteindstryd kon lei nie. Die Aussies verwelkom Wallis en…
13 May 12PM 1 min

Verwerp Zanu-PF by verkiesing, Verkiesingskommissie: ATM

Die African Transformation Movement vra die Verkiesingskommissie om enige betrokkenheid van Zanu-PF by die waarneming van die verkiesing te verwerp. Die ATM sê Zimbabwe se regerende party se geskiedenis van onlangse verkiesingswanpraktyke en kieserbedrog is welbekend, wat enige verkiesingsproses waarby hulle betrokke is, verdag maak. ATM-woordvoerder Zama Ntshona sê om…
13 May 12PM 1 min

Trump gekap oor onakkuraathede in toespraak

Dit was Saterdag storietyd saam met oudpresident Donald Trump by 'n saamtrek in Wildwood, New Jersey. Trump het 'n groot menigte ondersteuners vir byna 'n uur en 'n half toegespreek, in 'n onsamehangende toespraak vol ongestaafde bewerings. Hy het onder meer beweer Bruce Springsteen, 'n baie openbare bondgenoot van president…
13 May 12PM 1 min

Geingos 'sal kleiner publieke rol speel in toekoms'

Voormalige presidentsvrou Monica Geingos het die naweek die publiek bedank vir hul oorweldigende ondersteuning na die heengaan van president Hage Geingob. Sy berei tans voor om haar pligte as voorsitter van die One Economy Foundation te hervat, die maatskaplike welsynsorganisasie wat sy in Mei 2016 geloods het. Kosmos 94.1 Nuus…
13 May 10AM 1 min

Richelieu Eagles gereed vir IKR T20 Wêreldbeker

Krieket Namibië het sy groep van 16 spelers aangekondig wat vandeesweek na die IKR T20 Wêreldbeker in die Wes-Indiese Eilande vertrek. Gerhard Erasmus sal die Richelieu Eagles aanvoer in hul derde agtereenvolgende T20 Wêreldbeker. Die Namibiërs is saam met Australië, Engeland, Oman en Skotland in Groep B geloot. Die Eagles…
13 May 10AM 1 min

LPM gee sy standpunt oor rooilyn

Die veterinêre kordonheining, of rooilyn, is 'n veesiekte-beheermeganisme wat Namibië se beesvleis-uitvoerbedryf beskerm teen veesiektes, soos bek-en-klouseer en longsiekte. Oor die jare het hierdie bedryf 'n reputasie opgebou as verbind tot hoë standaarde. Dit stel Namibië in staat om vleis uit te voer na lande in die Europese Unie en…
13 May 10AM 1 min

Namibië wentel weg van Weste: ontleder

Iran se aankondiging dat hy ooreenkomste aangegaan het om onder meer 'n olieraffinadery by Walvisbaai asook 'n oliebergingsfasiliteit in Namibië te vestig, lok wyd reaksie uit. Kenners sê kan aan die een kant goed wees vir die land en ekonomie, en aan die ander kant tot groot nadele lei. Kosmos…
13 May 10AM 1 min

Mbeki vra ondersoek na hoofman Albert Luthuli se dood

Oud-president Thabo Mbeki is ten gunste van 'n ondersoek na die dood van die Nobelprys-wenner hoofman Albert Luthuli, 57-jaar gelede. Luthuli was die leier van die ANC van 1952 tot sy dood in 1967, toe hy deur 'n trein getref is terwyl hy oor 'n noodbrug oor die Umvoti-rivier in…
13 May 8AM 1 min

Iran beplan olieraffinadery by Walvisbaai

Iran het ooreenkomste aangegaan om onder meer 'n olieraffinadery by Walvisbaai asook 'n oliebergingsfasiliteit in Namibië te vestig. Iran se ambassadeur in Namibië, Dr. Seyed Ali Sharifi, het die aankondiging gemaak by 'n geleentheid vir klein- en medium ondernemings by die Iranse ambassade, wat in samewerking met die Namibië Kamer…
13 May 8AM 1 min

Sterftesyfer in George-ramp styg tot 26

Die sterftesyfer in die gebou-ineenstorting in George het tot 26 gestyg met die reddingsoperasie wat voortduur. Onder die 81 mense in die gebou tydens die ramp is 55 gered, en 13 is nog in die hospitaal. Van 26 is nog nie rekenskap gegee nie. Intussen sê George se Forensiese Patologiedienste…
13 May 8AM 1 min

Verkiesingskommissie soek jou ou bakkie

Die Verkiesingskommissie van Namibië nooi die publiek om hul voertuie beskikbaar te stel vir gebruik tydens die komende algemene registrasie van kiesers van 3 Junie tot 1 Augustus. Die voertuie moenie ouer as 10 jaar wees nie, moet 'n enkel- of dubbelkajuit 2x4 of 4x4 met 'n kappie wees, en…
13 May 8AM 1 min

Ons belê nie genoeg in ontwikkeling en navorsing nie

Beleggings in navorsing en ontwikkeling in die land is steeds laag, met net sowat 0,73 persent van die BBP wat daaraan bestee word. Die standaard is uitgawes van 1 persent van BBP. Namibië se ekonomie word op 248 miljard Namibiese dollar gewaardeer. 'n 1 persent belegging in navorsing en ontwikkeling…
13 May 7AM 1 min

Mbeki sê nasionale dialoog na verkiesing is broodnodig

Die gewese ANC-president, Thabo Mbeki, het herhaal dat daar ʼn behoefte bestaan aan ʼn nasionale dialoog ná die algemene verkiesing op 29 Mei. Hy was gister op ʼn verkiesingsveldtog in KwaZulu-Natal. Die regerende party se steun het in die 2021 plaaslike verkiesing in baie munisipaliteite in die provinsie tot onder…
13 May 7AM 1 min

Wat's volgende vir Namibië se mooistes?

Die top-tien vir die Mej. Namibië Tiener en Mej. Namibië is die naweek by ‘n glans geleentheid by Droombos net buite die hoofstad bekend gemaak. Kosmos 94.1 Nuus het met Beulah Boois-Beukes van die skoondheidskompetisie gesels oor wat volgende vir die dames is.
13 May 7AM 1 min

Ministerie sê oor NCA-abattoirs wat nie operasioneel is nie

Vier van die abattoirs en slagpale in die Noorde moet tans aandag kry om verligting vir die boere te bring. ‘n Staande komitee is op pad na die noordelike streke, die vier O-streke en die Kunene, na klagtes dat boere nie genoegsame bemarkingsgeleenthede vir hulle diere tydens die droogte het…
13 May 6AM 1 min

Mbumba ry nie Jan Tuisbly se karretjie nie

President Nangolo Mbumba is tans in Nederland na ‘n staatsbesoek aan Kenia. Sedert hy die leisels oorgeneem het na Hage Geingob se dood, is hy amper nooit op kantoor nie. Hy het talle reistogte in die land onderneem en reis gereeld oorsee. Ontleder dr. Ndumba Kamwanyah meen hy kan teen…
13 May 6AM 1 min

Staande komitee sal veebemarking in O-streke, Kunene ondersoek

Die Nasionale Vergadering is tans in reses, maar parlementslede werk steeds veral in die vorm van staande komitees. Die jongste ondersoek wat gelas is, is deur die komitee vir ekonomie van stapel gestuur nadat daar beaam is dat veebemarking in sommige noordelike streke, erge uitdagings beleef. Kosmos 94.1 Nuus het…
13 May 5AM 1 min
1 – 20