Vrydag Oggenddiens - Ds Dirk Meijer

--:--
JOHANNES 21

7Die dissipel vir wie Jesus baie lief was, sê toe vir Petrus: “Dit is die Here!”
Toe Simon Petrus hoor dat dit die Here is, het hy sy hemp aangetrek – want sy bolyf was kaal – en in die water gespring. 8Hulle was nie ver van die land af nie, net omtrent honderd tree. Die ander dissipels het met die skuitjie gekom en die net met die visse gesleep. 9Toe hulle aan land kom, sien hulle 'n vuur brand en 'n stuk vis daarop lê. Daar was brood ook. 10Jesus sê toe vir hulle: “Bring van die vis wat julle nou net gevang het.”
11Simon Petrus het toe in die skuit geklim en die net op die land getrek. Dit was vol groot visse, honderd drie en vyftig, en alhoewel daar so baie was, het die net nie geskeur nie.
12Toe sê Jesus vir hulle: “Kom eet.”
Nie een van die dissipels het sover gekom om vir Hom te vra: “Wie is U?” nie. Hulle het geweet dat dit die Here is. 13Jesus kom toe, neem die brood en gee dit vir hulle, en net so ook die vis.
14Dit was al die derde keer dat Jesus aan sy dissipels verskyn het nadat Hy uit die dood opgewek is.
3 May 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Maandag Oggenddiens - Past Buks van Staden

1 KORINTIËRS 2 Paulus se prediking 1Wat my betref, broers, toe ek na julle toe gekom het om die geheimnisvolle waarheid van God aan julle te verkondig, het ek nie met hoë woorde of groot geleerdheid gekom nie. 2Ek het my voorgeneem om met julle oor niks anders te praat…
27 May 2AM 15 min

Sondagaand Erediens - Ds Ben Bornman

FILIPPENSE 4 19En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus. PSALMS 50 10want al die diere in die bos is Myne, die wild op duisende berge. 11Ek ken al die voëls van die berge; al wat roer op die veld,…
26 May 1PM 24 min

Sondagoggend Erediens - Ds Ben Bornman

FILIPPENSE 1 6Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom. JUDAS 1 Lof aan God 24Aan Hom wat magtig is om julle van struikeling te bewaar en…
26 May 3AM 25 min

Saterdag Oggenddiens - Ds Ben Bornman

PSALMS 139 U omsluit my van alle kante 1Vir die koorleier. Van Dawid. 'n Psalm. Here, U sien dwarsdeur my, U ken my. 2Of ek sit en of ek opstaan, U weet dit, U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom. 3Of ek reis en of ek oorbly,…
25 May 2AM 18 min