US Woordfees 2018: Skrywersfees

2018: Skrywersfees

Opnames van die Skrywersfees items vanaf Woordfees 2018.
Occasionally English South Africa Arts · TV & Film
73 Episodes
20 – 40

RECCES KAN OOK KOOK

In gesprek met: Alexander Strachan. Aangebied deur Jonathan Ball Uitgewers. Oud-Recces Justin Vermaak en Douw Steyn gesels met Zander, ’n bekroonde skrywer en self ’n oud-Recce, oor hulle boek, Recceresepte vir kos, die bos, die lewe, waarin hulle ‘n kykie gee in dié elite-groep soldate se roetine en lewensfilosofie, maar…
30 May 2018 58 min

OORKANT JOU: ’N VERHAAL UIT DIE BINNEKAMER

Met: Juliana Coetzer en Riette Rust. Aangebied deur Jonathan Ball Uitgewers. Sy het haar persoonlike reis met haar baie siek dogter in Bloedvreemd beskryf. Nou skryf Juliana oor die uiteenlopende mense – veral vroue – wat haar pad as psigoterapeut kruis. Riette gesels met haar oor swaarkry en herstel en…
29 May 2018 55 min

VADERLAND, MOEDERBAND, BROEDERLIEFDE

Met: SJ Naudé en Eben Venter. In altwee dié romans word ’n wêreld anderkant geografiese grense verken, maar ook grense van die band met ’n ma en seksualiteit. In Die derde spoel projekteer SJ (of Fanie) ’n donker poëtiese beeld van liefde tussen mans op ’n steeds verskuiwende doek, terwyl…
29 May 2018 1 hr 11 min

ANTJIE KROG: SUSKE EN WISKE EN MANDELA

Met: Daniël du Plessis, Willem Samuel en Loyiso Mkize. Honderd jaar ná Mandela se geboorte kyk Antjie hoe hy – én Suid-Afrika – uitgebeeld word in twee Vlaamse comics uit die Suske en Wiske-reeks. Ná die visuele aanbieding gesels sy met drie jong plaaslike comics-kunstenaars.
29 May 2018 52 min

ANDRÉ PRETORIUS: REISE DEUR DIE KERKHERVORMING

In gesprek met: Cas Wepener. Aangebied deur Naledi. Aan die vooraand van die 500ste herdenking van die begin van die Protestantse Kerkhervorming loop dié reisskrywer terug op die spore van Martin Luther en Johannes Calvyn. Hy besoek die plekke waar grootse omwentelinge hulle afgespeel het, eet, drink en gaan kerk…
29 May 2018 56 min

PHILIP DE VOS: VANDAG IS EK ’N WINDLAWAAI

Met: Piet Grobler. Aangebied deur Protea Boekhuis. Geïnspireer deur die klavierwerk Kinderszenen van Robert Schumann, kombineer Philip sy stuitige rympies en kennis van klassieke musiek met Tertia Visser-Downie se klavierspel en Piet Grobler se prag-illustrasies.
29 May 2018 52 min

INGRID JONKER: DIE LAASTE BIOGRAFIE

Aangebied deur Penguin Random House. Petrovna Metelerkamp het al die inligting wat sy oor dié kultusdigter versamel het nou bygewerk met indringende nuwe navorsing en eksklusiewe foto’s. Sy vertel vir Karin Schimke hoe talle voorheen onbeantwoorde vrae oor Ingrid se lewe en dood beantwoord word en hoe die beeld weerlê…
29 May 2018 51 min

DIGTERSPARADYS

Aangebied deur NB-Uitgewers, Naledi en Penguin Random House. ’n Jaarlikse hoogtepunt wanneer bekende en debuutdigters hulle werk deel. Gilbert Gibson, Jolyn Phillips, Pieter Fourie, Fourie Botha, Daniel Hugo, Clinton V. du Plessis en Nuwe Stemme 6 se Remona Voges en Jaco van der Merwe lees voor.
29 May 2018 1 hr 07 min

ROGER MELLO: ‘KWAAI PAPEGAAI’

In gesprek met: Piet Grobler. Piet, seker een van ons bekendste illustreerders en deesdae professor van illustrasie aan die Universiteit van Worcester in Engeland, gesels met dié multibekroonde illustreerder uit Brasilië. Roger, ’n gewilde en gesogte gas by boekfeeste wêreldwyd, het in 2014 die hoogste eer vir kinderboekillustrasie ontvang, die…
4 May 2018 51 min

HYKIE BERG: ‘MY LEWE MET DWELMS’

In gesprek met: Helena Olivier. Aangebied deur Lux Verbi. Helena Olivier hoor by die bekende akteur wanneer hy sy deurbraak gemaak het. En wanneer hy aan dwelms verslaaf geraak het. Hykie se persoonlike verhaal, wat sy laagtepunt het in ’n maksimumsekuriteitsel in die Weskoppieshospitaal, is een van suiwer genade.
4 May 2018 1 hr 03 min

TREE AAN: DIGTERS IN AKSIE!

Moontlik gemaak deur NB-Uitgewers, die Kaapse Forum vir Neerlandistiek, SASNEV en die Vlaamse Regering. Van die Kaapse Vlakte tot Antwerpen wys dié digters wat van ‘n gedig ‘n show maak. Die Kaapse rapper en woordtowenaar Churchil ‘Meneer Naudé’ Naudé, die Gansbaaise digter Jolyn Phillips en die veelbekroonde Vlaamse digter en…
4 May 2018 58 min

JOHN W FREDERICKS: SKOLLIE

In gesprek met: Herman Lategan. Aangebied deur Penguin Random House. Suid-Afrikaanse gehore was verlede jaar in vervoering oor Noem my Skollie, die fliek wat op die lewe van John W Fredericks gegrond is. Herman praat met John oor Skollie, sy aangrypende memoires, getik met net met één vinger, sy lewe…
4 May 2018 55 min

RIAN VAN HEERDEN: DINGE WAT EK NIÉ MOES GESÊ HET NIE

Met: Ivor Price. Aangebied deur Tafelberg. Met sy eerste TV-optrede as hoërskoollaaitie het Rian van Heerden die volk al die josie in gemaak. En sedertdien het dinge nie beter gegaan nie. Die radio- en TVpersoonlikheid vertel vir Ivor hoekom.
4 May 2018 58 min

BOEKKLUB: 55 VOOR 12/ 55 TO 12 – SKRYWERS OM DIE LANGTAFEL

Met: Jacques Pauw, Valda Jansen, Alexandra Fuller, SJ Naudé, Masande. Ntshanga, Eben Venter, Fred Khumalo, Karin, Ghaireyah Fredericks, Jolyn Phillip, Sean Christie en Heindrich Wyngaard. Twaalf skrywers – Afrikaans en Engels – kom bymekaar teen die agtergrond van toenemende vreemdelingehaat, onrus wêreldwyd en die verkrummeling van magstrukture om vrae uit…
4 May 2018 1 hr 31 min

TOT DIE DOOD ONS SKEI

Met: Schalk Schoombie, Julian Jansen en André le Roux. Aangebied deur Human & Rousseau en Tafelberg. Wat dryf iemand om sy vrou of lewensmaat te vermoor? Of sy ouers? In Tot die dood ons skei kyk Schalk na die verskynsel van ‘intieme’ vrouemoord en diep grusame voorbeelde op, terwyl Julian vir…
4 May 2018 58 min

CECILE CILLIERS: DIE OU VROU en DIE PRIESTER EN ANDER KORTVERHALE

In gesprek met: Martie Meiring. Aangebied deur Human & Rousseau. Een van die bekende Boeksusters (met sus Madeleine van Biljon nog op M-Net) en gewilde rubriekskrywer het eindelik haar eerste eie kortverhaalbundel die lig laat sien. Sy gesels met Martie oor haar temas, soos wat in ’n huwelik ongesê bly,…
4 May 2018 50 min

LAG-LAG DIE MOEILIKSTE

Met: Rudie van Rensburg, Bennie Fourie, Beer Adriaanse en Ernest van der Kwast. Moontlik gemaak deur die Kaapse Forum vir Neerlandistiek en SASNEV. Twee romanskrywers en twee draaiboekskrywers het een ding in gemeen: Hulle stories is snááks! Rudie skryf oor ’n ouetehuisopstand en die Nederlander Ernest van der Kwast oor…
3 May 2018 59 min

DANA SNYMAN EN NATHAN TRANTRAAL: DIE KLEURE VAN ONS LAND

Aangebied deur Tafelberg en Kwela. ’n Reisskrywer en digter vertel elkeen skrynend eerlik die stories van hulle mense – Dana in sy reisverhaalbundel Op pad, en Nathan in Wit issie ’n colour nie, oor die lewe in die buitewyke van die Kaapse Vlakte. Loftus Marais vra hulle uit.
3 May 2018 57 min

BOEKKLUB: RAY KLUUN, DIE ONWILLIGE SUPERSTER

In gesprek met: Francois Smith. Moontlik gemaak deur SASNEV. Dit sit nie in enigeen se broek om 1,2 miljoen eksemplare van ’n boek te verkoop nie. Te meer as dit jou debuut is en jy dit eintlik geskryf het om skuld en rou op papier uit te stort. Dis die…
3 May 2018 54 min
20 – 40