Maroela Media ToekomsVenster

ToekomsVenster

"ToekomsVenster" is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie (info@toekomsvenster.co.za) of besoek toekomsvenster.co.za.
Daily Afrikaans South Africa Christianity
1,960 Episodes
1820 – 1840

ToekomsVenster: Somtyds heeltemal alleen

Die troos is dat daar ’n adres is waarheen jy kan vlug wanneer daardie alleenheid jou tref. God wag vir jou. Vertel Hom wat in jou lewe aangaan. Hy verstaan.
3 Aug 2018 10AM 2 min

ToekomsVenster: Die Heilige Gees is met jou

In die ou Testament het die Heilige Gees op sommige persone en met die oog op ʼn spesifieke taak gekom. In die Nuwe Testament word die Heilige Gees gegee aan elkeen wat Jesus as Verlosser en Here bely.
30 Jul 2018 10AM 4 min

ToekomsVenster: Gebed en genesing

Miskien is die veiligste om te sê dat elke gelowige moet handel met die lig wat hy het. Die teks is noemenswaardig en gee goeie leiding. Laat die ouderlinge vir jou bid en jou salf met olie. Die olie is tegelykertyd teken van die Heilige Gees asook medisyne.
23 Jul 2018 8AM 4 min

ToekomsVenster: As julle glo

Miskien is dit meer gepas om soos die dissipel te bid: ek glo Here, kom my ongeloof tegemoet. Dus volgende keer as jy vra, vra in die geloof.
9 Jul 2018 4AM 3 min

ToekomsVenster: Vertroue wag, wag en vertrou

Wag is moeilik, ongewild en tydsaam. Wag beteken nie niksdoen nie. Dit beteken aktief bid en selfs beplan vir dit wat jy hoop om uit die Here se hand te ontvang. Dit beteken in 'n toestand van gereedheid te kom en as’t ware met oop hande te leef in verwagting…
5 Jul 2018 5AM 4 min

ToekomsVenster: Hoe lyk jou gebedstoewyding?

Daniël het te midde van persoonlike uitdagings nie opgegee met gebedstoewyding nie. Hy is nie ingesluk deur die vreemde kultuur en gewoontes waarvan hy nou deel was nie. Hy was gefokus en het die belangrike saak van gebed nie agterwee gelaat nie. Daniël het in sy gebed ruimte gegee aan…
5 Jul 2018 5AM 4 min

ToekomsVenster: Hy is liefde

Niks kan verander aan God se grondhouding nie. Hy is liefde. Hy wil ook nie dat enige mens verlore gaan nie maar dat alle mense gered sal word. Hy is 'n goeie, genadige, barmhartige en lankmoedige Wese.
5 Jul 2018 5AM 4 min

ToekomsVenster: Daar kom tye van droogte

Om God te nader met jou uitdagings is 'n mosie van vertroue. Dit is 'n erkenning dat jy radikaal aangewese is op sy sorg en omgee. Dis 'n afhanklikheidsverklaring waartoe ons uitgenooi word.
5 Jul 2018 5AM 4 min
1820 – 1840