100.5FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Laeveld PODCAST

100.5FM Radio Laeveld PODCAST

As dit in die Laeveld gebeur is dit op jou radio, 100.5FM familie Radio Laeveld in Mpumalanga, Suid Afrika.
Occasionally Afrikaans South Africa Entertainment News · Music Interviews
340 Episodes
64 – 84

Spoorloos op die Oranjerivier: Dag 7

Dit is hul laaste dag in Suid-Afrika, voor die Spoorloos-span aan die Namibiese kant van die Oranjerivier hul tog Alexanderbaai voortsit. Francois Jacobs vertel van hul moeilike dag gister met verskeie keerwalle wat in hul pad gestaan het op die 120 km onderweg na Upington.
18 Mar 2023 2 min

Oe-ê-ê Deloris: Sondagskool

Deloris se sussie Gertrude wou nog altyd Sondagskool aangebied het. Toe sy die geleentheid kry, vertoon sy haar verstommende kennis van die Bybel. Deloris vertel.
17 Mar 2023 3 min

Spoorloos op die Oranjerivier: Dag 6 skop af

Drie Laeveldse pa-en-seun-spanne durf vandag die vierde trajek aan van sowat 2 000 km wat hulle op die Oranjerivier vaar. Kobus en Francois Jacobs, Guillaume Nel snr. en Guillaume Nel jnr. en Abrie en Wynand Visser wil met hierdie avontuur bewusmaking kweek oor geestesgesondheid. Hulle het gister die 140 km…
17 Mar 2023 1 min

Musiekdebat: André van Wyngaardt

Die kunstenaar en musikant André van Wyngaardt het reeds meer as 200 liedjies geskryf in sy loopbaan. Hy vertel vir Amanda hoe hy 'n balans tussen kuns en musiek handhaaf.
16 Mar 2023 7 min

Spoorloos op die Oranjerivier: Dag 5

Drie Laeveldse pa-en-seun-spanne durf vandag die vierde trajek aan van sowat 2 000 km wat hulle op die Oranjerivier vaar. Kobus en Francois Jacobs, Guillaume Nel snr. en Guillaume Nel jnr. en Abrie en Wynand Visser wil met hierdie avontuur bewusmaking kweek oor geestesgesondheid. Hulle het gisteraand in Prieska oornag…
16 Mar 2023 5 min

Laeveld Ervaring: Laeveld gereed vir beplande nasionale staking

Regsaksie is geloods teen die beplande #NationalShutdown Maandag. Linda Grimbeek van die Kruger-Laeveld-sakekamer (KLCBT) bevestig dat die Laeveld se veiligheidstrukture gereed is . "Niemand het die reg om ander te intimideer en paarie te versper nie," sê sy. Haar raad is vir sakeondernemings om met hul personeel te kommunikeer, hulle…
15 Mar 2023 28 min

Spooroos op die Oranjerivier: Dag 4 begin

Drie Laeveldse pa-en-seun-spanne is durf vandag die vierde trajek aan van sowat 2 000 km wat hulle op die Oranjerivier vaar. Kobus en Francois Jacobs, Guillaume Nel snr. en Guillaume Nel jnr. en Abrie en Wynand Visser wil met hierdie avontuur bewusmaking kweek oor geestesgesondheid. Kobus vertel vir Sonop Ontbyt…
15 Mar 2023 6 min

Spoorloos op die Oranjerivier: Dag 3

Drie Laeveldse pa-en-seun-spanne is onderweg om die 2 000 km van die Oranjerivier in twee opblaasbootjies af te lê. Kobus en Francois Jacobs, Guillaume Nel snr. en Guillaume Nel jnr. en Abrie en Wynand Visser wil met hierdie avontuur bewusmaking kweek oor geestesgesondheid. Hulle is nog onderweg van die Gariepdam…
14 Mar 2023 1 min

Warriors on Wheels help jong spina bifida-lyers

Die Meyer Beukes Warriors on Wheels-stigting is vanjaar 10 jaar oud. Hulle help jong spina bifida-lyers met spesiale rolstoele asook staan- en looprame na gelang van die kinders se behoeftes. Stigter, Kayla Beukes, gesels met Amanda oor hul reis.
14 Mar 2023 12 min

Straatdebat: Hoe spaar jy deesdae geld?

Hoe spaar jy deesdae geld? Hoe het jou inkopielys te midde van stygende lewenskoste verander? En wat is die een ding waarop jy nie kostes sal besnoei nie? Denise gaan vind uit.
14 Mar 2023 2 min

Spoorloos op die Oranjerivier: Dag 3 begin

Drie Laeveldse pa-en-seun-spanne is onderweg om die 2 000 km van die Oranjerivier in twee opblaasbootjies af te lê. Kobus en Francois Jacobs, Guillaume Nel snr. en Guillaume Nel jnr. en Abrie en Wynand Visser wil met hierdie avontuur bewusmaking kweek oor geestesgesondheid. Hulle kon gister (in daglig) tot by…
14 Mar 2023 5 min

Spoorloos op die Oranjerivier: Dag 2

Drie Laeveldse sakemanne en hul seuns het Sondag die 2 000 km van die Oranjerivier in twee opblaasbootjies aangepak. Kobus en Francois Jacobs, Guillaume Nel Snr en Guillaume Nel Jnr en Abrie en Wynand Visser poog om met dié avontuur bewusmaking te kweek oor geestesgesondheid. Maandag was dag 2 en…
14 Mar 2023 1 min

Spoorloos op die Oranjerivier: Dag 1

Drie Laeveldse sakemanne en hul seuns het gister die 2 000 km van die Oranjerivier in twee opblaasbootjies aangepak. Kobus en Francois Jacobs, Guillaume Nel Snr en Guillaume Nel Jnr en Abrie en Wynand Visser poog om met dié avontuur bewusmaking te kweek oor geestesgesondheid. Hulle het afgeskop by die…
13 Mar 2023 6 min

Hoe nou gemaak: Eet gesond op 'n begroting

Tussen stygende pryse en beurtkrag raak dit al hoe moeiliker om gesond te eet. "Dit is van kardinale belang om te beplan, sê Marcelle Pienaar van LiveWell Dieticians. Sy gesels met Charles oor planne wat jy kan maak in ekonomiese swaar tye. Luister weer hier. #HoeNouGemaak
10 Mar 2023 13 min

Musiekdebat: Chris Else

Die kitaarspeler Chris Else is hierdie week Amanda se gas vir #Musiekdebat. Hy vertel haar dat hy Gé Korsten sing in die stort en hoe hy sy senuwees voor optredes beheer.
9 Mar 2023 3 min

Musiekdebat: Charlize Berg

Charlize Berg gesels vandag met Amanda oor die '"magic" van ballades sing, diep delf om met 'n liedjie en gehoor 'n konneksie te maak en in hoe 'n mate musiek haar identiteit is.
2 Mar 2023 7 min

Laeveld Ervaring: Vreugde oor belastingvoordele vir alternatiewe krag

Sakeondernemings kan hierdie belastingjaar 125% van hul belasting aftrek vir enige alternatiewe energie en gepaardgaande infrastruktuur wat hulle installeer. Dit is van die aankondigings wat verlede week tydens die minister van finansies, Enoch Godongwana, se begrotingsrede aangekondig is en die Kruger-Laeveld-sakekamer (KLCBT) se harte laat jubel. Linda Grimbeek gesels met…
1 Mar 2023 26 min
64 – 84